Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 14 Mei 1971

Konsulêre stappe met swart state: Suid-Afrika beoog konsulêre betrekkinge met Lesotho. Dít is een van die belangrike stappe in die uitvoering van die regering se Afrika-beleid wat gister in die Volksraad deur die minister van buitelandse sake, dr. H. Muller, aangekondig is.

Meer as 40 lyke al gevind: Reddingswerkers het gister 41 lyke gevind van mense wat in eergister se busramp in Durban omgekom het. Die ongeluk het weens die verwoestende oorstromings plaasgevind. Talle mense word nog in alle dele van die stad vermis.

Hartskenker begrawe: Die Kleurling-plaasarbeider van die Paarl wie se hart Maandagnag in mnr. Dirk van Zyl van Mosselbaai oorgeplant is, is gistermiddag in die Paarl begrawe. Die man was Damon Meyer (31) van die plaas Goedemoed, Suider-Paarl.

Mof, Polla in die hof: Die Springbok-rugbyspeler Johannes Lodewikus (Mof) Myburgh (34) en die Noord-Transvaalse rugbyspeler Theodorus Theunis (Polla) Fourie (25) het gister in Pretoria in die landdroshof verskyn op aanklagte van vervalsing. Die alternatiewe aanklag is dat hulle die gereg wou dwarsboom en ’n amptelike polisievoertuig sonder verlof gebruik het.

Goudprys skitter: Die steeds dalende Amerikaanse goudreserwes en die huidige toestand van die Europese geldstelsels het gister tot gevolg gehad dat die goudprys in Londen tot die hoogste vlak in 21 maande gestyg het.

Knysna-olifant vrek: Die ou olifantbul wat vandeesweek in Knysna se bosse dood gekry is, het ’n natuurlike dood gesterf – moontlik weens honger, want die maaltande is baie geslyt.

‘Moenie Ikeys ontvoer’: ’n Ernstige waarskuwing is vandeesweek aan die Maties gerig om nie vanjaar voor Intervarsity aan strooptogte en ontvoerings by die Universiteit van Kaapstad deel te neem nie.

Blye galme is te raserig: ’n Blanke lekeprediker het gister in die landdroshof verskyn op aanklag dat hy sonder verlof luidsprekers op die Parade in Kaapstad gebruik het.

Advertensie: Baby Land: Speelhok 4 vt. vierkant: R11,95.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.