Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 14 September 1968

Asiatiese griep verwag: Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers moet hulle gereed maak vir ’n epidemie van Asiatiese griep wat Suid-Afrika binne die volgende paar jaar sal begin teister, volgens ’n hoofartikel in die jongste uitgawe van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Geneeskunde. Die virus wat hierdie soort influensa, bekend as “Hongkong ’68”, veroorsaak, verskil genoeg van die virusse wat vorige wêreldwye epidemies veroorsaak het om “moeilikheid te maak”. Prof. James Gear, direkteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geneeskundige Navorsing, het gister gesê dat influensa-virusse elke 10 tot 15 jaar mutasies ondergaan. ’n Entstof wat vir een soort influensa ontwikkel word, is nie so doeltreffend in die bestryding van ’n ander soort nie.

Trekkerbaba oorlede: ’n Regstreekse afstammeling van die bekende Voortrekkerfamilie Uys, mej. Aletta Margaretha Uys, is gister in die hospitaal op Eshowe in die ouderdom van 93 jaar oorlede. Toe sy vier jaar oud was, het sy saam met die Voortrekkers na Natal getrek. Haar oupa was die Voortrekkerleier Piet Uys. Wyle mej. Uys was ’n onderwyseres in Natal.

Bruin Burger: Van Maandag af verskyn ’n ekstra uitgawe van Die Burger vir sekere gebiede waar groot Kleurlinggemeenskappe hulle bevind: die Skiereiland, Stellenbosch, die Paarl, Wellington, Somerset-Wes en die Strand. In hierdie spesiale uitgawe van die koerant word plek gemaak vir die dekking van gemeenskapsnuus, sport, sosiale geleenthede en so meer. Voorts is daar ’n daaglikse strokiesverhaal, rubrieke en ’n wedstryd. Origens is dit dieselfde koerant wat aan ander streke gestuur word. ’n Uitsoekspan van korrespondente uit die gemeenskap self behartig die spesiale beriggewing. Let op die rooi aanduiding “Ekstra.”

Vreemde geskiedenis: Daar is seker min mense wat die Suid-Afrikaanse trefferliedjie Master Jack nie ken nie. Hoeveel mense weet egter dat hierdie liedjie diep onder die aarde in ’n Welkomse myn geskep is? David Marks, wat die liedjie geskryf en gekomponeer het (sy regte naam was Spiros Harkatonator) was ’n mynwerker in die St. Helena-goudmyn en die groep Four Jacks and a Jill het dit op die treffersparade geplaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.