Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 15 April 1969

Ontwikkeling beloof: Die Portugese eerste minister, dr. Marcelo Caetano, het gister in Lissabon aangedring op die beëindiging van guerrilla-oorlogvoering teen die Portugese bewind in Afrika en beloof dat guerrilla-vegters wat hul aggressie staak, verwelkom sal word as hulle hulle weer aan die Portugese gesag onderwerp. In ’n toespraak in Bissau, Portugees-Guinee, het hy beloof dat sy regering die huidige militêre uitgawes aan plaaslike ontwikkeling sal bestee as hulle die samewerking van die guerrilla-vegters kan kry.

Kaunda skreeu voor: Pres. Kaunda van Zambia het ’n nuwe slagspreuk uitgedink: “Een Afrika, een revolusie.” Hy was die voorsinger toe ’n revolusionêre lied gisteraand by ’n onthaal in Lusaka aan die presidensiële woning gesing is.

Eerste man op die maan: Neil Armstrong, burgerlike bevelvoerder van Amerika se Apollo 11-sending, sal waarskynlik die eerste mens op die maan wees, het die Amerikaanse Lugvaart- en Ruimte-Administrasie (NASA) gister in Houston aangekondig. Volgens die ruimteprogram sal Apollo 11 in Julie vanjaar op die maan land.

Onluste in Italië: Oproerige gevangenes het gister in Milaan bewaarders as gyselaars aangehou en brande in die Vittore-gevangenis begin in die ergste tronkonluste in baie jare in Italië. Die 300 vroulike gevangenes het vreesbevange geskreeu toe 1 300 gevangenes in die mansafdeling hamers en ysterstawe gegryp het en hul beddens en alles wat hulle in die hande kon kry, aan die brand gesteek het. In Turyn het gevangenes versperrings rondom hulle in die tronk gebou en 2 000 polisiemanne uitgetart. Die tronkgeboue is erg verniel. In opdrag van die departement van verdediging is die gevangenes van Turyn voorverlede nag met traangas uit vliegtuie aangeval, maar hulle het die aanvalle weerstaan.

Hartman sterf: Amerika se langslewende hartoorplantingspasiënt, mnr. Fred Everman, ’n 58-jarige barbier, het eergister in Arlington (Virginia) in sy slaap gesterf, nege maande ná sy operasie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.