Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 15 April 1971

Nie-blankes vir toer: Die Australiese Rugby-Unie (A.R.U.) was in verbinding met drie nie-blanke rugby-unies in Suid-Afrika voordat ’n uitnodiging gerig is vir ’n Springbok-rugbyspan om Australië in Junie te besoek. Al drie die nie-blanke unies was eenparig ten gunste van die toer.

Al meer toeriste na S.A.: Die getal toeriste na Suid-Afrika het die afgelope tien jaar meer as verdubbel volgens die jaarverslag van die Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie (Satoer). ’n Nuwe rekordgetal van 328 241 toeriste het Suid-Afrika in 1969 besoek. In 1959 was dit net 160 635.

Minder klein apartheid: Namate die beleid van afsonderlike ontwikkeling uitgevoer word, sal dit wat klein apartheid genoem word, verminder word. Só het mnr. N.F. Treurnicht (N.P., Piketberg) gisteraand in die begrotingsdebat gesê.

Skape doodgery op N1: Agttien skape is gisteroggend op die nasionale pad by die Paarl dood deurdat hulle voor ’n vragmotor beland het. ’n Skaapwagter het hulle aangejaag, maar die skape het op loop gegaan en oor ’n hoë wal na die nasionale pad gehardloop.

Troumarse ongewens: Die Vatikaan het aanbeveel dat die tradisionele troumarse van Mendelssohn en Wagner voortaan nie op Rooms-Katolieke huwelike gespeel word nie. Dis ook besluit dat Händel se “Largo”, Gounod en Schubert se “Ave Maria”, en Stradella se “Aria da Chiesa” ook ongewens is.

Dik ‘Fair Lady’: Fair Lady, bekende Suid-Afrikaanse tydskrif vir vroue, het met sy jongste uitgawe ’n mylpaal bereik. Dit het die eerste populêre Suid-Afrikaanse tydskrif geword wat ’n gewone weeklikse uitgawe met meer as tweehon­derd bladsye gepubliseer het.

Grootste egskeidingseis: Die grootste eis wat ’n vrou nog in ’n egskeidingsaak in Suid-Afrika teen haar man ingestel het – R120 000 – is gister in die Randse Hooggeregshof ingedien. Die vrou het oorspronklik R142 602 geëis.

Hulle voel te oud:Verpleegsters wil nie meer in “tehuise” woon nie. In die jongste uitgawe van die S.A. Verplegingstydskrif word kapsie teen dié benaming gemaak. Dit laat hulle soos ’n klomp bejaardes voel wat hulp nodig het, word gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.