Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 15 Januarie 1971

Ja vir Davisbeker: Suid-Afrika is terug in die internasionale tenniskompetisie om die Davisbeker. Die Springbokspan sal ná ’n afwesigheid van twee jaar weer toegelaat word om in die Europese afdeling van die kompetisie te speel.

Lang koningin: Die lang, blonde en lewenslustige prinses Margrethe van Denemarke, ’n voorstander van die gelykheid met, maar nie die meerderwaardigheid van die vrou oor die man nie, is Denemarke se heel eerste koningin.

Vrugterekord: ’n Rekord-hoeveelheid van 581 000 kub. m sagtevrugte is gedurende die 1970/71 vrugteseisoen deur Suid-Afrika uitgevoer. Dit is 12 persent meer as die vorige jaar.

Ken jy Kenridge? Nog ’n nuwe dorpsgebied word vandag in Durbanville oopgestel. Die uitleg, wat as Kenridge Heights bekend staan, word deur Corlett Drive Estates ontwikkel.

Meer vir wyn: ’n Verhoging van R7.30 in die minimum-produsenteprys vir ’n lêer goeie wyn is gister in die Paarl aangekondig. Vir die produsent beteken dit ’n verhoging van net minder as 1c per bottel

34 . . . 35 . . . Agt kinders het gister in die Kaapstadse landdroshof getuig hoe hulle in ’n kindertehuis vir Kleurlinge pak gekry het . . . Aan elkeen van hulle se private dele is brandspiritus gesmeer voordat hulle nakend op ’n bed moes gaan lê om met ’n rottang pak te kry. Een van die seuns wat 35 houe gekry het, het getuig dat hy die houe hardop moes tel.

Meer vir vleis: Sedert die vakansietyd het vleispryse in die algemeen gestyg en huisvroue in die Skiereiland sal voortaan in hul begrotings daarvoor moet voorsiening maak. Die pryse van alle grade vleis wat deur kleinhandelaars verkoop word, het in die algemeen met sowat 10 tot 19½ persent gestyg. Die groothandelprys van nie-vetstert lammers was gister byvoorbeeld 66 sent per kg.

Persoonlik: Mnr. H. Y. Liu, Chinese ambassadeur in Botswana, en mev. Liu en hul drie kinders keer môre per trein uit Kaapstad oor Johannesburg na Botswana terug.

Advertensie: W. Heuer: Orchestra 7 Yamaha-orrel: R795 of R19.95 per maand.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.