Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 jaar gelede in Die Burger | 15 Julie 1969

Wêreld wag steeds: Terwyl die wêreld gister in spanning gewag en die Saturnus 5-vuurpyl by lanseerkussing 39A in die son geblink het; het die drie ruimtevaarders van die Apollo 11 in die bemanning se gimnasium litte losgemaak. Daarna het Neil Armstrong en Edwin Aldrin, wat volgens plan die eerste mense op die maan sal wees, die stappe van hul beoogde maanlanding geoefen.

Rotskuns bedreig: Vandale en natuurkragte bedreig die rykdom aan primitiewe rotskuns waaroor Suider-Afrika beskik, se dr. A.C. Hoffman, direkteur van die Nasionale Museum in Bloemfontein. Hoewel rotskuns op 8000 verskillende plekke voorkom, sal dit geleidelik tot niet gaan as dit nie deur wetgewing bewaar word nie. Die verbrokkelingsproses in die natuur, veroorsaak deur reën en wind, uitsetting en inkrimping as gevolg van hitte en koue, en soms grondverskuiwings, bring mee dat die rotskuns verdof, en uiteindelik sal dit verlore gaan. In oorsese lande word rotskuns soms beskut deur afdakkies daaroor te bou. In ander gevalle word dit uit die grond gekap en in museums bewaar. Plaaslik is ’n meer onmiddellike gevaar dié van vandalisme. Alleen deur rotskuns af te kamp, wagte te plaas en swaar boetes op te lê, kan hierdie gevaar aan bande gelê word.

Oorlog teen dwelms: Die Sowjet-republiek Georgië het strenger maatreëls ingestel teen smokkelaars van dwelmmiddels om hierdie “verskriklike euwel” uit te roei. Strawwe wat in 1965 neergelê is, word nou verdubbel. Persone wat die middels kweek of verwerk, kan tot vyftien jaar tronkstraf opgelê word. Dwelmmiddels is ’n groter probleem in Georgië as elders in die Sowjet-Unie omdat die plante makliker in dié gebied se vrugbare grond groei.

Kernhart kom: Navorsers wat werk aan die ontwikkeling van ’n kunshart wat met kernkrag werk, het gesê die eenheid behoort ten 1972 klaar te wees. Prof. J.J. Fitzgerald, voorsitter van Cambridge Nuclear Corporation, Massachusetts, het die Institute National de Cardiologists de Mexico toegespreek en gesê die nuwe kunshart en bloedpomp kan die menslike hart jaarliks in tot 200 000 hartpasiënte vervang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.