Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 15 Mei 1968

Rhodes en Van Riebeeck: ’n Naamplaat gaan aan die voetstuk van die Van Riebeeck-standbeeld aangebring word om aan te dui dat dit ’n geskenk van Cecil John Rhodes was. Die bestuurskomitee van die Kaapstadse Stadsraad het gister so besluit nadat mnr. George Carey van Kaapstad ’n brief in dié verband aan die burgemeester, mnr. G.E. Ferry, geskryf het. Volgens mnr. Carey het hy nog byna niemand raakgeloop wat die geskiedenis van die bekende standbeeld ken nie. Die stadsklerk, mnr. Jan Luyt, het verklaar dat navorsing in die Argief bevestig het dat Rhodes die skenker was. Die standbeeld is in 1899 opgerig. Die destydse burgemeester, mnr. Thomas Ball, het die standbeeld op 18 Mei 1899 onthul. Dit sal dus Saterdag 69 jaar oud wees.

Instroming wek kommer: Die onbeheerste instroming van Kleurlinge uit die platteland na die stede het ’n nasionale probleem geword. Dit is reeds onder die aandag van staatsdepartemente gebring, maar daar skyn geen oplossing vir hierdie probleem te wees nie. Die plaaslike owerheid is magteloos. So vinnig as wat die munisipale amptenare die krotte afbreek, word hulle op ander plekke opgerig.

Engelssprekendes se toekoms: Daar is geen toekoms vir Engelssprekende Suid-Afrikaners as groep nie, maar wel as enkelinge wat die tradisionele vryheid van die enkeling beskerm. Engelstaliges moet nie hulle eie belange as groep probeer bevorder nie, maar moet hulself as Suid-Afrikaners van Engelse afkoms beskou, het mnr. Leo Marquard van die voormalige Liberale Party gister by die Universiteit van Kaapstad gesê. Hy het die tweede praatjie gelewer in ’n reeks van vier wat deur die Independent Students’ Union van dié universiteit gereël word. Mnr. Marquard het gesê dit is gevaarlike onsin as Engelssprekende Suid-Afrikaners sou glo dat hulle op grond van hul Engelse afkoms en geregverdig deur ’n goddelike voorsienigheid ’n unieke rol het om te vervul. Dit is iets wat ’n mens met die Christelik-Nasionale onderwys verbind, en in ’n veelrassige land soos Suid-Afrika kan dit net tot die Hitlerisme lei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.