Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 15 Mei 1969

Belasting bring verligting: ’n Aansienlike vermindering van die vermaaklikheidsbelasting by plattelandse, voorstedelike en inrybioskope is gister in die Provinsiale Raad deur die Kaaplandse Administrateur, dr. J. N. Malan, in sy begrotingsrede aangekondig. Mense in die laerinkomstegroepe word ook baie deur die begroting gehelp. Getroude loontrekkers met ’n inkomste van minder as R2,OOO per jaar sal voortaan die helfte minder persoonlike belasting betaal. Die toegewings in die rekord-begroting van R274,974,500 word onder meer moontlik gemaak deurdat die Regering sy buite-statutêre bydrae tot die provinsie tot R26 miljoen opgeskuif het. Wat die belangrike verligting en verandering in die heffing van vermaaklikheidsbelasting betref, vra dr. Malan met die medewete van die Minister van Finansies dat die belasting op toegangspryse van 40c en minder afgeskaf word.

Mediese krisis: Die dooie punt in die geskil oor die salarisse van nie-blanke dokters is gisteraand dramaties beëindig, het dr. Willem Botha, direkteur van Provinsiale Hospitaaldienste gister in Durban aangekondig. Hy het gesê hy is gisteraand per telefoon in kennis gestel dat 37 lede van die nie-blanke mediese personeel van die Koning Eduard VIII-Hospitaal hul bedankings terugtrek. ’n Woordvoerder van die nie-blanke dokters het ontken dat die dooie punt verby is.

Luiperdaanval: ’n Bantoe-padwerker is eergistermiddag op die grootpad naby Hangklip onverwags deur ’n luiperd aangeval. Die luiperd, wat skielik uit die bosse te voorskyn gekom het, het sy prooi weer net so gelos en weggevlug. Die man, sy naam is onbekend, is met ’n geskeurde kopvel in die hospitaal op Caledon opgeneem. Hy het ure lank weens skok gehuil. ’n Uitgegroeide luiperdmannetjie is onlangs naby Montagu doodgeskiet.

Sendingnood: Afrika moet óf vir Christus óf vir die Kommunisme gewen word. Dit is verbasend hoe die omliggende Afrika-lande hul deure vir sendingwerk wyd oopgooi en dan kan ons hulle nie help nie, het ds. A. J. van Wijk van Stellenbosch gister gesê. Die tekort aan sendingwerkers is so kritiek dat die kerk op 24 Mei ’n biddag gaan hou oor die noodtoestand.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.