Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 16 Januarie 1971

Rio-drama begin: ’n Seiljag-skouspel sonder weerga in Suid-Afrika vind vanmiddag in die Tafelbaaise hawe plaas. Dit is die begin van die Rio-wedvaart, die eerste internasionale seiljagwedvaart wat deur Suid-Afrika gereël is. Dit sal ’n dramatiese hoogtepunt wees wanneer sestig seiljagte . . . wegvaar in die eerste Trans-Suid-Atlantiese wedvaart tussen Kaapstad en Rio de Janeiro in Brasilië.

Niks Davisbeker: Suid-Afrika en Rhodesië is gister vir die tweede agtereenvolgende jaar uit die Davisbeker-tenniskompetisie gesit.

Gelyke betaling: Die groot gaping tussen die salarisse van blanke en Kleurlingonderwysers het op die pas afgelope kongres van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge telkemale onder skoot gekom . . . ’n Waarskuwing deur mnr. L.W. Möhr, Direkteur van Kleurlingonderwys, dat idealisme nie deur materialisme verdring moet word nie, is met gelag ontvang.

Seeramp: Nog net een lyk het uitgespoel nadat die kotter Girl Devon eergister met 21 man aan boord by Doringbaai aan die Weskus vergaan het. Slegs twee van die bemanningslede is gered. Die oorledene wie se lyk gister gevind is, is uitgeken as mnr. Paul (Duimpies) Muggel, skipper van die rampskip.

Droewige tye: In die distrik Steytlerville het die droogte reeds meer as ’n derde van boere van hul plase gedryf.

Dwelmdood: In sekere gevalle behoort dwelmsmokkelary met die dood gestraf te word, het die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, mev. J.M. Raath, in Pretoria gesê.

Nie ’n swart dag: Die beroemde All Black-rugbyspeler Don Clarke het gister in trane uitgebars nadat hy in Auckland in ’n magistraatshof onskuldig bevind was op aanklag van diefstal. Clarke (37) was daarvan beskuldig dat hy ’n rolletjie hegpleister by ’n selfdienwinkel gesteel het.

Waar seuns vandaan kom: Die kanse van paartjies wat dikwels intiem verkeer, is beter as dié van ander om seuns te hê, lui ’n artikel in gister se uitgawe van The Lancet . . .

Keurbetrekkings: Stad Kaapstad: Verkeerskonstabels: R3 420 p.j.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.