Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 16 Mei 1968

‘Baron’ is bedrieër: ’n Jong man wat homself as Stephen van Niekerk voorstel en voorgee dat hy die rol speel van ’n baron in Carmen – een van die vier operas wat Kruik binnekort in Kaapstad – is besig om mense te bedrieg deur kaartjies wat nie bestaan nie vir die opera-uitvoerings aan hulle te verkoop. Die uitgeslape bedrieër verkoop kaartjies in ry B van die teater. Daar is geen rol van ’n baron in Carmen nie. Ry A, B en C in die teater is in ieder geval verwyder om plek vir die orkes te maak.

Tarzan se maat beswyk: Cheetah, die sjimpansee wat destyds in die Tarzan-rolprente – met Johnny Weissmuller as Tarzan – opgetree het, het in die plaaslike dieretuin aan ’n hartaanval beswyk. Hy was veertien jaar oud.

Lover Boy wen: Lover Boy het die hoofwedren, die Autumn Handicap (een myl), gister op Durbanville met ’n kop teen Hasty Cloud gewen.

Kaap vreet krag: Die koue weer wat die Kapenaars die laaste tyd beleef het, het veroorsaak dat die verbruik van elektrisiteit met minstens 20 persent toegeneem het. Volgens mnr. J.F. MacHutchon, assistent- elektriese ingenieur van Kaapstad, het die verbruik veral in die afgelope drie weke toegeneem. Terwyl in April nog sowat 250 megawatt elektrisiteit per dag verbruik is, word nou reeds 300 megawatt verbruik. Die meeste elektrisiteit word gewoonlik in Julie verbruik. Mnr. MacHutchon het gister gesê daar is vanjaar geen tekort aan steenkool nie. Op die oomblik is daar ’n voorraad wat groot genoeg is om die stad ’n maand aan die gang te hou.

Fabriek brand: Brandweermanne van Worcester het tot gisteroggend in die vroeë ure geveg om ’n brand in die fabriek van die Union Vinegar Company in Porterstraat in bedwang te kry. Die brand, waarin duisende bottels tamatiesous, Worcestersous en asyn, asook tonne pakmate­riaal verwoes is, het skade van bedrae van meer as R10 000 aangerig.

Advertensie: Ford 20M V6 2300 S. Weelde met ’n kragtige verskil. Net R2 510.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.