Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 jaar gelede in Die Burger | 2 Augustus 1969

Baba verskeur: ’n Sewe maande oue seun is Donderdagaand in Johannesburg in die hospitaal oorlede nadat ’n verwoede wolfhond hom die oggend aangeval en verskeur het. Die voorval het ten aanskoue van die kind se moeder en ouer suster plaasgevind. Albei het tevergeefs probeer om die hond te stuit. Mev. Florence Steenberg, moeder van die babaseun, Gerrius, en haar dogter, Lynette, was Donderdag in die agterplaas van ’n huis in Turffontein, waar die gesin die afgelope paar maande loseer. Die hond, Rex, het met Lynette gespeel en enkele minute later verwoed op die babseun afgestorm en hom aan sy klere begin rondsleep. Toe mev. Steenberg naderkom om te keer, het hy die kind aan die kop gebyt. Sowat sewe uur na die voorval het Ger­rius, wie se kop erg vermink was, beswyk. Die Dierebeskermingsvereniging is gevra om die hond van kant te maak.

Mars lyk leweloos: Die Amerikaanse ruimtetuig Mariner 7 het gisteraand miljoen myl van Mars af met foto-opnames begin. Die tuig was kort op die spoor van Mariner 6, wat aan die lig gebring het dat die planeet ’n onherbergsame wêreld vol kraters is en soos die maan geen teken van lewe het nie. Foto’s wat deur Mariner 6 na die aarde teruggesein is, het getoon dat daar in die omgewing van die planeet se ewenaar geen wolke of water is om lewe te onderhou nie. Die jongste Mariner-vlugte is voorlopers van ’n beoogde onbemande landing op Mars in 1973. ’n Bemande vlug na Mars en terug behoort teen 1981 moontlik te wees. Mariner 7 sal vlakby-foto’s van die poolstreke neem. Die bestaan van lewe op die planeet hang hoofsaaklik daarvan af of die poolstreke uit water, ys of bevrore gas bestaan.

Griep teister Middelburg: Griep het op dié Kaaplandse dorp toegeslaan en baie inwoners is platgetrek. Skole is veral kwaai getref en baie kinders is in die bed. ’n Rugbywedstryd teen die Hoër Landbouskool Marlow (Cradock) is afgestel omdat so baie kinders siek is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.