Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 21 November 1970

HNP stort in duie Die Herstigte Nasionale Party het gister ’n verlammende slag gekry toe nog ses van sy sleutelmanne uit die party bedank het. Die bedankings, wat aan die vooraand van die party se eerste jaarlikse kongres gekom het, het die party tot in sy wese geskud.

Dan sê jy nog die kreef is duur Kapenaars sal van vandag af duurder moet betaal vir hul kreefsterte – veral die wat die kreef nie self vang nie. Die groothandelprys vir kreefsterte is gister in Kaapstad van R3.33 per kilogram na R4.44 verhoog. Die kleinhandelprys van kreefsterte sal na verwagting styg van R3.86 per kilogram tot R5.33.

Die plaas is myne! ’n Twis tussen drie susters oor die erfplaas Breëland, een van die grootste en bekendste wynplase in die distrik Worcester, het daartoe gelei dat ’n aansoek gister in die Kaapse Hooggeregshof gedoen is dat die plaas onder die erfgename verdeel moet word. Regter R. van Zijl het die aansoek verwerp.

Ontug in die lug #1 Die Verteenwoordigende Kleurlingraad het gister eenparig besluit om die Regering te versoek om die Ontugwet af te skaf. Die debat hieroor is verkort nadat mnr. L.S. Leon, leier van die Arbeidersparty, voorgestel het dat die mosie tot stemming gebring word omdat daar so baie eenstemmigheid is.

Ontug in die lug #2 ’n Reeks ontugsake waarby vyf boere van Excelsior en twaalf Bantoevroue verskyn, het groot belangstelling in die Vrystaat gaande gemaak.

Richards skitter Die skitterende Suid-Afrikaanse aanvangskolwer Barry Richards het gister in Perth binne drie weke sy tweede manjifieke kolfprestasie gelewer toe hy ’n onoorwonne 325 lopies vir Suid-Australië in ’n Sheffieldskild-wedstryd teen Wes-Australië aangeteken het.

Persoonlik Mev. Annie (Tant Annie Koster) Smit het verlede Donderdag haar 90ste verjaardag gevier. Sy is nog perdfris en gesels onderhoudend. In die onlangse Lenteloop het sy speel-speel die 5 km afgestap en ’n bronsmedalje hiervoor ontvang.

Advertensie Heldervue by Somerset-Wes: Deposito’s vanaf slegs R500.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.