Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 22 Mei 1970

Dis mos afdreiging: Die jongste optrede van die Britse regering om die Suid-Afrikaanse kriekettoer te verongeluk, is “ongelooflik,” het mnr. Arthur Coy, ’n lid van die Suid-Afrikaanse krieketbeheerraad, gisteraand in Port Elizabeth gesê. “Die jongste optrede deur die Britse regering lyk of dit ’n erkenning is van die regering se onvermoë om dreigemente van geweld deur minderheidsgroepe in bedwang te hou en om gaste wat na Brittanje genooi is, te beskerm.”

Engel kry besem: Die inwoners van die Stellenbosse meisieskoshuis Harmonie het gistermiddag weer ’n stukkie Matie-tradisie laat herleef deur aan Jannie Engelbrecht, kaptein van die Maties se eerste span vir Saterdag se Intervarsity, ’n besempie te oorhandig sodat hulle daarmee die Ikeys “tot in die see kan vee.” Die verhaal van die Matie-besem trek eintlik ver terug. Omstreeks 1927 het twee inwoners van Harmonie, Anna Neethling-Pohl en Lulu Ziervogel, aan die kaptein van daardie jaar se span, Jan Pienaar, ’n besempie gestuur met die boodskap dat hulle hoop hy en sy span sal die Ikeys daarmee “wegvee.” Die besempie het in Wilgenhof ’n tuiste gevind en was die inspirasie vir Aap Raats om die liedjie Die Besem te komponeer. In 1935 het mej. Twinkie Hanekom voorgestel dat daar ’n Intervarsity-blad gepubliseer word. Die Besem het toe tot stand gekom. Die 1970-besempie is van nylon, in teenstelling met die oorspronklike rietbesem.

Isolasie help nie: Hy stem nie met alles met Suid-Afrika saam nie, maar dit is doelloos om oor duisende myle te skreeu. As ons die vraagstuk van wit en swart wil oplos, sal isolasie, boikotte en ’n geskel niks help nie. Ons sal met mekaar moet begin praat, het pres. Hastings Banda van Malawi eergisteraand in ’n toespraak in Zomba gesê. Dr. Banda het by ’n amptelike eetmaal ter ere van die Suid-Afrikaanse eerste minister, mnr. B. J. Vorster en mev. Tini Vorster gepraat.

Advertensie: Kom maak soos die Romeine by die Senator Klub in Cross-straat, Bellville. Oop vir almal, bring voorlopig u eie drank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.