Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 24 Februarie 1971

Teenkanting oor wapens: Die besluit van mnr. Edward Heath, Britse premier, om Wasp-helikopters aan Suid-Afrika te verkoop, het gister teenkanting in Brittanje en verskeie Statebondslande uitgelok. Veral deur sommige Afrikalande is skerp kritiek teen die besluit uitgespreek. Dit is onder meer beskryf as ’n “onaanvaarbare belediging vir alle Afrikane”.

Kommer oor eikebome: Ernstige kommer oor die toestand van die honderde historiese eikebome­ op Stellenbosch is gister op die maandelikse vergadering van die stadsraad uitgespreek. Daar is onder meer gesê 80% van die bome is reeds só oud dat hulle nie meer baie lank sal staan nie. Die meeste van die bome waaroor daar kommer bestaan, is tot historiese monumente verklaar. Sommige van dié bome is reeds meer as 200 jaar oud.

Boer verloor vier tone: ’n Bekende boer het gister vier van sy tone in ’n ongeluk by ’n parskelder verloor. Hy is mnr. Japie Zeeman van die plaas Olyfboom. Die ongeluk het gebeur terwyl ’n vrag druiwe wat mnr. Zeeman na die kelder gebring het, afgelaai is.

Goeie oes verwag: “Die druiwe-oes hou vanjaar groot belofte in. Die verwagting is dat die oes ten minste net so groot sal wees soos dié van 1969, wat een van die wynboere se beste twee jare was.” Só het mnr. C.B. Henning, Bestuurder (goeiewyn) by die K.W.V., gister . . . in die Paarl gesê.

Geen gemengde gehore: Vir die huidige sal geen gemengde gehore in die Nico Malan-Skouburg toegelaat word nie, het die Administrateur, mnr. A. H. Vosloo, gister . . . gesê.

Inbraakvlaag op Hermanus: ’n Vlaag van inbraak en diefstal kom nou op Hermanus voor. In die voorafgaande 12 dae tot gister is by minstens tien huise ingebreek, en dis moontlik dat by meer huise ingebreek is, maar dat die polisie nie daarvan weet nie.

Persoonlik: Mnr. Willem Swellengrebel het lewenslange lidmaatskap van die Swellendamse gholfklub verkry. Hy is ’n nasaat in die sesde geslag van die Kaapse goewerneur Hendrik Swellengrebel, na wie Swellendam genoem is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.