Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 24 Julie 1971

S-Afrikaners vas oor afdreiging: Twee jong Suid-Afrikaners is gister in Sydney in hegtenis geneem nadat ’n Australiese binnelandse lugdiens vir R344 000 afgedreig is. Die lugdiens is aangesê om dié bedrag te betaal, anders word sy vliegtuie en toerusting opgeblaas.

Verkeerde dele: ’n Omvattende ondersoek sal volg nadat ’n 31-jarige vrou se vroulike dele in die hospitaal op Nelspruit uitgehaal is terwyl sy eintlik ’n blindedermoperasie moes ondergaan, het die Transvaalse L.U.K. belas met hospitaal- dienste . . . gister gesê. Die vrou eis R30 000.

Ja vir broekpakke, mits . . .: Kleurlingonderwyseresse sal toegelaat word om broekpakke skool toe te dra, mits die vergunning nie misbruik word nie, het die Uitvoerende Raad van die Verteenwoordigende Kleurlingraad pas besluit.

R2 850 vir ’n Irma Stern: Die hoogste prys wat gister op ’n veiling van skilderye in Kaapstad behaal is, was R2 850 vir Swahili-meisies van Irma­ Stern. Vir Frans Oerder se stillewe van ligroos rhodendrons is R1 350 betaal. Vir ’n berglandskap van Tinus de Jong was die prys R950.

Nee vir Bantoebuurt: Volksraadslede van die Tygerberg en omgewing het gister afkeurend gereageer op die moontlikheid van ’n Bantoewoonbuurt in die noordelike gebiede.

Keiser word 79: Keiser Haile Selassie van Ethiopië het gister sy 79ste verjaardag gevier. Hy regeer Ethiopië die afgelope 55 jaar – die eerste 14 as koning, en die laaste 41 as keiser. Keiser Selassie is die oudste staatshoof ter wêreld.

Steyn se Bybel kom terug: ’n Met koperbeslaande Familiebybel wat in die Tweede Vryheidsoorlog van President Steyn se plaas af verwyder is, is deur ’n Britse vrou in Ulster teruggestuur nadat sy dit in haar motorhuis gekry het.

Hof toe oor kwaai hond: Mnr. Harry Sam, ’n kafee-eienaar van Braamfontein, het gister in die Johannesburgse landdroshof verskyn op ’n aanklag dat hy ’n gevaarlike hond sonder die nodige toesig aangehou het.

Advertensie: Al ooit gehoor van die hoëtrou-stelsel waarmee u in die een kamer na die radio kan luister en in die ander kamer na die platespeler? Supersonic se nuwe TRS 137.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.