Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 26 Maart 1970

Chaos by vergadering: Algehele wanorde het gisteraand geheers in die stadsaal van Springs, waar dr. Albert Hertzog, leier van die H.N.P., ’n vergadering toegespreek het. Bloedige gevegte het uitgebreek onder die meer as duisend aanwesiges. Dr. Hertzog en sy gevolg moes ná net 65 minute van wanorde die aftog blaas.

Skokkende moord: ’n Dertienjarige blanke meisie van Goodwood is gisteraand ’n entjie van haar ouerhuis koelbloedig vermoor. Sy is vermoedelik verwurg. Haar lyk is deur ’n verbyganger onder ’n boom in Townsendstraat aangetref. Sy was Lynette van Zyl, van Caledonstraat 109, Goodwood, jongste dogter van speurder-sersant Kallie van Zyl van Caledonplein. Sy is gisteraand agtuur laas deur ’n klasmaat, Anna van der Merwe, van Langenhovenstraat 9, Goodwood, lewend gesien. Albei is leerlinge van die Hoërskool J.G. Meiring.

Beeld gesteel: ’n Waardevolle standbeeld van C.J. Langenhoven op die terrein van die Hoërskool Langenhoven in Pretoria is eergisternag gesteel. Die standbeeld, wat sowat ’n meter hoog is, is ná ‘n rolprentvertoning by die skool vermis. Die hoof van die skool, dr. S.C.H. Rautenbach, het gesê die standbeeld is onvervangbaar, daar is net drie van sy soort in Suid-Afrika. Hy het gesê die oorspronklike standbeeld en ’n replika daarvan staan in die gebou van die provinsiale administrasie in Kaapstad en by die Universiteit van Stellenbosch.

Chris al weer nuus: Prof. dr. Chris Barnard het Londen opnuut aan sy voete. Boonop is Fleet Street se koerantmanne gaande oor Barbara – “die grootste swyger in die openbaar sedert Garbo”, noem ’n rubriekskrywer die jong mev. Barnard in die Daily Mirror. Prof. Barnard se sjarme het die media nogmaals in vervoering, terwyl sy vrou as volg beskryf word: “Sy is pragtig, op haar plek en amper te beskeie. Waarskynlik een van die vyf aantreklikste meisies met wie ek te doen gehad het,” skryf een skryfster. “Dr. Barnard het nou alles.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.