Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in DIe Burger | 27 Februarie 1970

Nuwe Afrika-republiek: Rhodesië word Dinsdag ’n republiek, het die Rhodesiese regering gister in Salisbury aangekondig. Dr. H. Muller, Minister van Buitelandse Sake, het gister gesê die jongste ontwikkelinge in Rhodesië sal geen invloed hê op die betrekkinge tussen Suid-Afrika en dié land nie. Die twee buurlande is goeie vriende en het sterk handelsbetrekkinge.

V.V.O. teiken sport:Die V.V.O. wil verhinder dat blanke Suid-Afrikaanse sportspanne aan internasionale sportgeleenthede deelneem as deel van ’n nuwe frontaanval op Suid-Afrika. Die Algemene Vergadering se buitengewone komitee insake apartheid gaan “binnekort” getuienis van die Negertennisspeler Arthur Ashe aanhoor. Ashe is onlangs ’n visum geweier om as individu aan die Suid-Afrikaanse tenniskampioenskapsbyeenkoms deel te neem. Die voorsitter van die komitee, Abdulrahim Abby Farah, van Somalië het gister aan persmanne gesê dat ander vyande van apartheid op sportgebied, onder wie Dennis Brutus, ’n uitgeweke Suid-Afrikaner, asook die organiseerder van die onlangse betogings teen die Springbok-rugbyspan in Brittanje, om raad gevra sal word.

Komponis glo die pa: Die aktrise Mia Farrow het gisteraand in Londen die lewe geskenk aan tweelingseuns. André Previn, ’n komponis en dirigent, wat beweer dat hy die vader is, was by die geboorte by die kliniek. Volgens mnr. Pravin se bestuurderes, het die ouers die seuns onderskeidelik Matthew Phineas en Sacha Villiers genoem.

Weer in hof: Die bestuurder van die rampbus waarin 23 kinders op 28 Januarie by Henley-on-Klip gesterf het, Jacobus Rautenbach Koekemoer (67), het gisteroggend vir die tweede keer in die landdroshof op Meyerton verskyn op aanklag van strafbare manslag. Geen getuienis is gelewer nie.

Vrou staan man: ’n Duitse vrou het vir haar ’n vals baard aangeskaf en in die moeilikste ski-wedren ter wêreld – vroue word verbied om in te skryf – deelgeneem. Sy het voor honderde mans ge­ëindig. Een man het haar geheim ontdek (oor die manier waarop sy geski het), maar ingestem om stil te bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.