Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 28 Februarie 1970

Bandiete ontsnap: Vier beweerde moordenaars en nog drie mans wat van ernstige misdade beskuldig word, het gisteroggend uit die hofselle in Goodwood ontsnap. Hulle moes in die landdroshof in Goodwood verskyn by ’n voorondersoek na beweerde verkragting, ernstige aanranding en diefstal en by verskillende voorondersoeke na beweerde moord. Die verhoorafwagtendes het gisteroggend ongemerk hul selvenster oopgeforseer en gevlug.

Geen groot chaos: Prof. dr. Chris Barnard en sy vrou is gister met rose pleks van konstabels verwelkom toe hulle uit Frankfort op die lug­hawe van Beiroet aangekom het. Die honderd konstabels wat hulle teen persmanne moes beskerm, het nooit opgedaag nie. Hul gashere het gevrees dat sowat vierhonderd fotograwe die egpaar op die lughawe sal inwag en die ontvangs in ’n oproer sou laat eindig. Die fotograwe het egter ook nie opgedaag nie.

Fees uitgestel: Worcester is vandag presies 150 jaar oud. Die eerste erwe is op 28 en 29 Februarie 1820 in hierdie groot wyndistrik verkoop. ’n Oud-inwoner van Worcester, prof. dr. André Hugo van die Universiteit van Kaapstad, het gister gesê die vieringe sal eers van 26 April tot 2 Mei plaasvind, waarskynlik om nie te bots met die landboutentoonstelling wat binneko­rt gehou gaan word nie. Worcester se eerst­e munisipaliteit is eers in 1842 gekies. Die bekende Skool vir Blindes is later opgerig. Die dorp is ’n belangrike sentrum vir die droëvrugtebedryf en verskeie groot wynkelders en stokery­e dra by tot die wynbedryf. Die dorp het ’n blanke bevolking van sowat 14 200 inwoners.

Spele dalk laaste: “Die Olimpiese Spele in 1972 in München – as dit gehou word – sal waarskynlik die laaste wees,” het baron E. von Mauchenheim, skakelbeampte van die Wes-Duitse komitee wat die Spele in München reël, gister gesê [skryf Arrie Joubert]. “Dis die politiek,” het die baron gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.