Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 30 Julie 1969

Gedugte Bokke: Die Springbokspan vir Saterdag se eerste rugbytoets op Ellispark lyk sterker as enige vyftiental wat die Wallabies in die veld kan stoot. Geen Wallaby-span sou ons B-span met 19-11 kon oorrompel nie. En dis presies wat ’n “verswakte” Springbokspan gister in die finale proefwedstryd op Springs met die B-span gedoen het. Lanklaas het ’n Springbokspan soveel byval gevind soos toe mnr. Flappie Lochner, sameroeper van die Suid-Afrikaanse keurders, die span gisteraand aangekondig het. Die span is: H.O. de Villiers, S. Nomis, E. Olivier, M. Roux, J. Engelbrecht, P. Visagie, D. de Villiers, M. Myburgh, D. Walton, H. Marais, J. Ellis, G. Carelse, F. du Preez, P. Greylingh, T. Bedford en die reserwes is T. Neethling, C. Cockrell, P. Uys en T. Roux.

Van Mars: Die Amerikaanse ruimtetuig Mariner 6 sal vandag foto’s van Mars na die aarde stuur ná ’n reis van vyf maande na dié planeet. Die foto’s wat gister deur die beeldradiokameras geneem en op band bewaar is, sou vanoggend vroeg heruitgesend word na beeldradioskerms in verskeie dele van die wêreld.

Bloedjonk: Een van die jongste ouerpare in Suid-Afrika is mnr. en mev. Stanley Brown van Tiende Straat 91, Ravenswood. Albei is 16 jaar oud. Mev. Brown het eergister in die Boksburg- Benoni-Hospitaal die lewe geskenk aan ’n seun van sewe pond. Mev. Brown was huiwerig om foto’s van die kind te laat neem – “omdat dit die Minister van Binnelandse Sake (wat spesiale verlof tot die huwelik toegestaan het) aanstoot kan gee”.

Geld vir Maties: ’n Bedrag van R100 000 is vir die stigting van ’n beursfonds aan die Universiteit van Stellenbosch bemaak. Dit is deur mev. Beatrice Agnes Anna Wilcocks (gebore Zerffi), weduwee van wyle prof. dr. R.W. Wilcocks, gewese Rektor van die universiteit nagelaat. Mev. Wilcocks van De Vosstraat 6, Stellenbosch, is op 20 Junie in die ouderdom van 71 jaar oorlede. Sy is in Engeland gebore en het geen bloedfamilie in Suid-Afrika nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.