Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 30 Junie 1970

Voorsorg vir betogers: Werkers het gister ’n sifdraadheining begin span om die rugbyveld op Upington waar die All Blacks more in die vierde wedstryd van hul Suid-Afrikaanse toer teen ’n span van Noordwes-Kaapland te staan kom. Die heining, wat alle toeskouers van die veld moet hou, is ’n deel van die strenge voorsorgmaatreëls wat by die Danie Kuys-stadion getref word. Die Noordwes-Kaapse rugbymense is ontsteld oor Saterdag se bakleiery wat in Kimberley uitgebreek het ná die All Blacks se wedstryd teen Griekwas, en hulle is vasbeslote om ’n herhaling te voorkom.

Rit in die vreemde: Die afleweringswa het ruk-ruk uit ’n systraat gekom en sonder om te stop in die besige Barnardstraat in Bellville afgedraai. Konstabel Kobus van Schalkwyk het sy motorfiets laat grom en tot aksie oorgegaan. Die verkeersman het nog haastiger geword toe hy die voertuig herken: niemand anders nie as sy vriendin se vader, die eienaar van ’n slaghuis in Bellville. Die afleweringswa het nog straat af geruk-ruk toe konstabel van Schalkwyk beduie dat die bestuurder moet stilhou. Maar dit was geen ou en gesoute motordief wat sy hande vir die boeie moes uitsteek nie. Agter die stuurwiel was twee klein knapies. Hulle koppe was skaars bo die vooruit sigbaar. Terwyl die oudste (7) die stuur vasgehou het, het die ander een (5) met die selfaansitter gepeuter. Die twee het so vir byna ’n halwe straatblok ver “bestuur.” Ná veel gesukkel het die jongste een van die twee in Nederlands vertel dat hulle die oggend buite hulle ouers se woonstel gaan speel het. Hulle het te ver afgedwaal en toe maar besluit om in die naaste motor terug woonstel toe te ry. Die twee het pas twee weke gelede saam met hulle ouers uit Nederland in Suid-Afrika aangekom.

Eerste in Kaapstad: Die polisie van Kaapstad het gister bekend gemaak dat hulle twee blankes in hegtenis geneem het in verband met die beweerde besit van die gevaarlike dwelmmiddel LSD. Dit is slegs die tweede soortgelyke arrestasie in Suid-Afrika.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.