Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 5 Augustus 1969

Tragiese geval: Die Minister van Gesondheid het kennis geneem van die dood van ses babas die afgelope vier maande in die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad nadat sekere kalmeermiddels aan hulle toegedien was. Die Minister, dr. Carel de Wet, wat pas ná ’n ampsbesoek aan Rhodesië in Pretoria aangekom bet, het gister gesê hy sal ’n volledige verklaring oor die saak doen, moontlik vandag nog. Intussen het die Departement van Gesondheid reeds sekere stappe gedoen en twee middels sal tydelik aan die mark onttrek word totdat die departement se ondersoek voltooi is. Die ses babas het in die hospitaal gesterf vermoedelik weens ’n toksine wat die lewer en niere vergiftig.

Oudste inwoner oorlede: Die oudste inwoner in Hermanus se omgewing, Willem Williams, is in die naweek op Onrusrivier oorlede. Hy sou op Kersdag 107 jaar oud geword het. Willem is in die Transkei gebore en het tussen Kleurlinge grootgeword. Sover vasgestel kon word, het hy sowat 75 jaar gelede na Hermanus gekom, waar hy met Katie, ’n Kleurlingvrou, getrou het. Volgens mev. Anna Burmeister van Hermanus het Willem en sy vrou ’n halfeeu gelede by haar ouers, wyle mnr. en mev. Jan du Toit, op Onrusrivier kom werk. Willem het later by ’n hotel op Hermanus as tuinier gewerk. Voor sy aftrede op 102-jarige leeftyd, het hy gereeld per fiets van sy huis op Onrusrivier na Hermanus en terug gery – ’n afstand van agt myl. Ná sy aftrede het hy heelwat onder die Kleurlinge op Onrusrivier gepreek. Hy het homself leer lees en skryf en was goed tweetalig. Daarbenewens het Willem groot dele van die Bybel van buite geken.

Iere in opstand: Oproerpolisie en spesiale konstabels het gisteraand in Belfast wag gestaan in die strate wat in die afgelope twee nagte deur oproermakers afskuwelik geskend is. Buite die hoofsaaklik Rooms-Katolieke deel van die stad en die hoofsaaklik Protestantse deel was al die tekens van ’n noodtoestand: die gewapende wagte, die stukkende vensters en die merke van brandbomme.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.