Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 5 Augustus 1971

Nog geheime agente gaan getuig: Nog drie geheime agente van die Veiligheidspolisie sal getuienis lewer in die saak teen eerw. G.A. ffrench-Beytagh (60), Anglikaanse deken van Johannesburg, wat . . . teregstaan op aanklagte ingevolge die Wet op Terrorisme.

Skietery in die mielieland: In ’n mielieland het hy sy broer huilend hoor roep: “Nee, Pappie, nee.” ’n Skoot het geklap en hy het weggehardloop. Só het ’n twaalfjarige seun gister in Bethlehem getuig in die saak teen Sakkie du Plessis (34). Hy staan tereg op vier aanklagte van moord – op sy vrou en drie van sy vier kinders wat in Februarie vanjaar doodgeskiet is.

Stellenbosse plan onthul: Die plan van ’n groep Stellenbosse akademici om op die vooraand van die sitting van die Verteenwoordigende Kleurlingraad ’n politieke opskudding te veroorsaak deur die publikasie van ’n geheime verklaring (waarin gelyke en volwaardige burger-skap vir die Kleurlinge bepleit word), is in die wiele gery deur die onthulling van die dokument.

Dakke waai af in Hermanus: Deurdringende reën het gister in die Skiereiland en Boland uitgesak. Dit het gepaardgegaan met ’n sterk noordwestewind . . . Op Hermanus het die wind wat by tye 90 km/h bereik het, twee dakke afgeruk en verskeie ander huise beskadig.

Modes een te veel vir non: Een van die nonne wat twee weke gelede deur die Vatikaanse owerhede by die ingang van die St. Pieterskerk geplaas is om te keer dat mense in onwelvoeglike kleredrag dit binnegaan, moes haar pos verlaat weens ’n “senu-insinking”.

Hiëna skaapslagter gedood: ’n Strandjut wat die afgelope agttien maande ’n skrikbewind gevoer het op verskeie plase in die distrik Warrenton, is vandeesweek in ’n slagyster gevang en van kant gemaak. Die dier het in sy leeftyd sowat 1 000 skape en 120 kalwers gevang.

Boetes Bellville se ‘goudmyn’: Motorryers in Bellville het verlede maand kwaai deurgeloop onder die skryfpenne van verkeersbeamptes. Na wat verneem word, het Bellville se inkomste uit verkeersboetes verlede maand ’n nuwe rekord van R11 000 beloop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.