Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 5 Desember 1968

Israel slaan hard: Israeliese bomwerpers het Jordanië gister vyftig myl ver binnegedring in ’n lugaanval wat negentig minute geduur het. Volgens die Israeliese leër was die aanval gemik op installasies van ’n Irakese leërdivisie wat Israeliese grensnedersettings die laaste tyd gebombardeer het. Ses soldate is dood en veertien gewond.

Ossewa dood seun: ’n Geloftedagviering by ’n Pretoriase skool het gister tragies geëindig toe ’n negejarige seun onder die wiele van ’n historiese ossewa beland en op pad hospitaal toe beswyk het. Dit is juis gisteroggend aan die Laerskool Kameeldrif geskenk deur mnr. K.P. van Wyk, voorsitter van die skoolkomitee, en die leerlinge was besig om dit na die skool toe te trek toe die ongeluk gebeur het. Johan Breden­kamp, ’n st. II-leerling, en ’n maatjie het voor die wa gestruikel. Die regter voor- en agterwiel het oor Johan se kop geloop. Die maatjie het net betyds uitgerol. Mnr. Van Wyk het die ossewa – dit is nog in die Rebellie van 1914 gebruik – vir opvoedkundige doeleindes aan die skool geskenk.

Rampspoed kom: ’n Indiese astroloog, “professor” M.H. Bareah, het vandeesweek in Hongkong na sy kaarte van die sterre gekyk en niks anders as moeilikheid vir die grootste deel van Asië en die wêreld vir 1969 gesien nie. Dit sal ’n jaar van oorloë, politieke en rassegeweld en ekonomiese omwentelinge wees. Hy beweer dat hy as “wêreldberoemde sterreleser” in die verlede baie meer reg as verkeerd is. Hy sê dat ’n Amerikaanse politieke leier vermoor sal word, ’n Russiese leier sal sterf, Rooi China sal ’n super-bom vervaardig en Indië se sentrale regering sal tot ’n val gebring word.

Vir die Kersmark: ’n Mens sal jou kies moet ken met vanjaar se boeke! Van die boeke wat vanjaar die meeste belangstelling uitgelok het, was Anna M. Louw se boek oor Paul Kruger wat sy Die Groot Gryse noem en Frans Venter se Bedoelde Land, die laaste in sy Groot Trek-reeks.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.