Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 6 Augustus 1969

Baba-sterftes: Daar is bevind dat twee soorte kalmeermiddels vir babas, Pronap en PIaxin, gevaarlike gifstowwe bevat, het die Sekretaris van Gesondheid, veggenl. dr. E.C. Raymond, gisteraand aangekondig. Hy het ’n dringende beroep op aptekers en dokters gedoen om die middels nie te versprei of te bedien nie. Mense wat dit in hul besit het, moet onmiddellik ophou om dit te gebruik. Die medisyne word as kalmeermiddels vir babas gebruik. Daar is nog nie vasgestel of dit verband hou met die dood van ses babas in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad nie.

Akwarium tot niet: Die akwarium in Seepunt sal nie heropen word nie en die geboue sal gesloop word. Die akwarium is verlede jaar in Augustus gesluit, want die masjinerie wat gebruik was om die tenke skoon te hou, was onvoldoende en baie van die visse het doodgegaan. Met die sluiting verlede jaar is die visse wat oorgebly het, in die see gegooi. Die goudvissies is aan die stadsraad teruggegee en hulle is nou in die Kompanjiestuin. Die geriewekomitee het besluit dat dit te duur sou wees om die elektrisiteitstelsel te vervang en die Regering wou ook nie geld daaraan bestee nie. Die geboue sal vir die volgende vyf jaar aan die Afdeling Seevissery verhuur word.

Lyke vervoer: Die R.S.A. het verlede Saterdag daarin geslaag om almal aan wal te plaas wat by die eiland Gough moes land. Die span van ses man wat die lyke van mnre. Jan Seyffert en Fanie Grobler op Suidpiek moet gaan haal, het reeds daarheen vertrek. Die gesagvoerder van die skip, kapt. K.T. McNish, het laat weet dat die hyskraan by die landingsplek van die eiland stukkend is en herstel moet word. Die werk sal afgehandel word sodra die weer dit toelaat.

Op Mars:Amptenare by die laboratorium vir vuurpylaandrywing in Pasadena (Kalifornië) het gister gesê dat die vlakby-foto’s van Mars se raaiselagtige suidpool “fantasties” behoort te wees. Dis sowat 2 000 myl van Mars geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.