Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 7 April 1971

Donker wolke oor kriekettoer: Die Springbokkrieketspan wat later vanjaar in Australië gaan toer, is gistermiddag ná die feeswedstryd op Nuweland in Kaapstad aangekondig te midde van groeiende protes in Australië. Dié proteste het donker wolke oor die toer laat saampak.

Australië ontsteld: Die Australiese regering het die Suid-Afrikaanse regering reeds in kennis gestel van sy “ontsteltenis en teleurstelling” omdat hy geweier het om twee nie-blankes in die Springbokspan te laat opneem wat later vanjaar in Australië gaan toer.

Hoop min vir skip: Daar bestaan min hoop dat die Indonesiese vragskip Bri-Rezeki (534 t), wat gister naby Stilbaai gestrand het, van die rotse bevry kan word. Die skip, met ’n vrag motors en vragmotors, het gisteroggend omstreeks drie-uur by Jongensfontein op die rotse geloop.

Noodvlug ná windbuksskoot: ’n Driejarige meisie van Calvinia is gisteraand inderhaas per vliegtuig na die Karl Bremer-Hospitaal in Bellville gebring nadat sy per ongeluk met ’n windbuks in die kop geskiet was (toe haar 8-jarige boetie voëltjies gejag het).

Stappe teen ‘vreemde Bantoes’: Die Regering gaan nou baie streng teen blanke werkgewers in Wes-Kaapland optree wat Bantoes onwettig in diens neem . . . Volgens inligting is 17 000 Bantoes in 1969 in die Skiereiland vervolg omdat hulle onwettig in die gebied was.

Strawinsky sterf: Igor Strawinsky, die invloedrykste komponis van die twintigste eeu, is gister in die ouderdom van 88 in sy woonstel in New York aan sy hart oorlede.

Bloeddruk hoef nie te pla: Middeljarige mans met hoë bloeddruk kan voortgaan om intiem met hul vroue te verkeer . . . Hulle moet die saak ook eers met hul dokters bespreek, het ’n geneesheer in Londen gesê.

‘Wettig hot pants en mini’s’: ’n Wetsontwerp is gister by die New Yorkse stadsraad ingedien om vroue toe te laat om hot pants en mini’s in New York se strate te dra.

Advertensie: Polaroid se nuwe kamera en nuwe kits-kleurfilm verminder die koste van elke foto met 25%.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.