Oorsaak van tragedie: Geen ander medisyne behalwe Pronap en Plaxim is met die gevaarlike gifstof diëtileenglikol besmet nie. Hierdie versekering is gisteraand deur die Sekretaris van Gesondheid, veggenl. dr. E.C. Raymond, aan Die Burger gegee. Dokters in Kaapstad het kommer uitgespreek dat party ander medisyne moontlik ook die gifstof kan bevat. Volgens ’n verkIaring wat gister in Pretoria deur die Minister van Gesondheid, dr. Carel de Wet, uitgereik is, is vasgestel dat die dood van die sewe babas in die Rooikruis-kinderhospitaal deur die gifstof diëtileengliko veroorsaak is. Daar is vasgestel dat die giftstof teenwoordig was in konkas waarin die medisyne verskaf is en in twee van die bottels wat gebruik is vir die babas wat gesterf het. Die twee kalmeermiddels Pronap en Plaxim is in elke geval aan die babas toegedien voordat hulle in die hospitaal opgeneem is, het dr. De Wet verklaar.
Grootste ongeluk: Altesame 50 Bantoes is eergisteraand en gister dood ná die grootste padongeluk in Lesotho se geskiedenis. ’n Groot passasiersbus het op die grondpad tussen Potomanes en Mount Moorosi, sowat 130 myl van Maseru, omgeslaan. Volgens amptenare is die hospitaal op Quthing te klein om al die beseerdes te behandel en sommige is reeds oorgeplaas na die Koningin Elizabeth II-Hospitaal in Maseru. Die eerste minister van Lesotho, hoofman Leabua Jonathan, het gisteroggend vroeg per vliegtuig na die toneel van die ongeluk vertrek.
Swarigheid voorspel: Die Wallabies se pad vorentoe kan baie swaar word. Gewoonlik as ’n mens dit sê, kan jy byvoeg, behalwe as hulle dit of dat doen. Ek kan niks byvoeg nie, want ek kan niks sien wat hulle kan doen om die pad gelyk te maak nie, behalwe miskien om nie dinge te begin wat hulle nie kan voltooi nie (skryf Victor Holloway).
Advertensie: Volkswagen 411 stel op 2 Augustus ’n nuwe 24-uur- Suid-Afrikaanse afstandrekord op met alkileer-versterkte BP SuperEnerjet-petrol.