Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 8 April 1971

Krisis in Kaapse hawe: Ingrypende maatreëls is deur die Spoorweë getref om die ernstige opeenhoping van skepe in die Tafelbaaise hawe die hoof te bied. Polisiemanne en klerke word as laaimeesters en bestuurders vir vurkhysers gebruik en samesprekinge word daagliks met die skeepsagente en die Sagtevrugteraad oor vragverkeer gevoer.

Tweespalt in Australië: Die tweespalt in Au­stralië oor die Springbok-kriekettoer in dié land het gister verdiep. Terwyl die premiers van drie state erg verskil oor die saak, is botsende standpunte ook in koerante en deur vakbonde en vooraanstaande persone uitgespreek.

Verwarring verwag oor km/h: Groot verwarring word in regskringe voorspel oor die nuwe snelheidstekens wat oral langs die paaie hul verskyning gemaak het. Die nuwe tekens gee die snelheidsperk in kilometer per uur aan, terwyl die meeste motors se snelheidsmeters nog die snelheid in myl per uur aangee.

Klein kombuisies gedoem? Die dae van piepklein kombuisies in huise en woonstelle waarmee ’n mens maar tevrede moet wees, is blykbaar verby. Die Kaapse stadsraad het gister in beginsel nuwe minimum standaarde aanvaar . . . Hiervolgens moet ’n kombuis ’n vloeroppervlak van minstens 6,530 vk. meter (70 vk. vt) hê.

Amerika onttrek uit Viëtnam? Pres. Richard Nixon van Amerika sou na verwagting vanoggend om vieruur (S.A.-tyd) in ’n beeldradio-toespraak aankondig dat hy die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Viëtnam gaan versnel.

Koop nou, koop genoeg: Die meeste winkels en sakeondernemings sal van môre af vir die lang naweek gesluit wees. Huisvroue moet dus vandag genoeg kosvoorrade koop sodat hulle nie in die naweek in die knyp raak nie.

Al meer Britse aborsies: Wettige vrugafdrywing in Engeland en Wallis het verlede jaar met meer as 50 persent gestyg tot 83 850, volgens syfers wat deur die registrateur-generaal gepubliseer is. Van hierdie getal is 16 000 – of byna 20 persent – uitgevoer op ongetroude vroue van negentien jaar of jonger.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.