Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 8 Januarie 1971

Prysstygings kring uit: ’n Draaikolk van stygende pryse binne die eerste paar dae van die nuwe jaar het die publiek oor die hele land geskok. Maar nog is’t einde niet: binne die volgende paar maande gaan nog heelwat verbruiksgoedere en openbare dienste veel duurder word.

Kaapse treinchaos: ’n Volslae chaos het gistermiddag op die Kaapstadse stasie geheers toe geen trein weens ’n fout met die sinjaal-stelsel kon loop nie.

Jammer, ons is toe: Buffelsbaai, die gewilde strandoord sowat negentien kilometer van Knysna, is sedert gisteroggend sonder kos of melk. Sy enigste kafee is tot die ontsteltenis van vakansiegangers gesluit en nou moet hulle hul inkope op Knysna gaan doen. Volgens die polisie is die kafee weens gesondheidsredes gesluit.

Man verdrink in toilet: Die jong man wat met die groot popfees op Nuwejaarsdag in ’n toilet op die Goodwoodse skouterrein dood aangetref is, het verdrink. Die man het aan vallende siekte gely en het vermoedelik verdrink nadat hy ’n aanval gekry het.

Boete oor blomme: ’n Sakeman van Houtbaai is gister tot ’n R200-boete of 100 dae tronkstraf gevonnis omdat hy agt bossies blomme by Chapmanspiek gepluk het.

‘Moderne’ huise: Die Kaapse Afdelingsraad het begin om 400 moderne huise wat deur Kleurlinge in Elsiesrivier gekoop sal kan word, op te rig. Die huise sal oor alle moderne geriewe beskik, soos ingeboude kaste, warm en koue water in die badkamer en kombuis, elektriese ligte, sowel as ’n rioolstelsel. Dit sal ’n koper gemiddeld R30 tot R33 per maand kos met ’n deposito van R200 om so ’n huis en erf te koop.

Bul 6; Stiervegter 0: Een van Portugal se voorste stiervegters, Mario Coelho, word in ’n verpleeginrigting in Pretoria behandel nadat hy op 27 Desember in ’n stiergeveg in Lourenco Marques deur ’n bul aangeval is. Mnr. Coelho sal geruime tyd buite aksie wees.

Koue sterftes: Minstens 128 mense is dood in die koue weer wat die afgelope twee weke in tropiese dele van Indië ondervind is.

Advertensie: Pick n Pay: Witbrood 2 lb. 8½c

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.