Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 8 November 1968

Kwade bedoelings: Prof. dr. Chris Barnard het gister in Londen gesê sy hartoorplantingspan het minstens vyf hartoorplantings nie gedoen nie omdat die familielede van moontlike skenkers verlof geweier het. Hierdie weiering is gedeeltelik te wyte aan koerantberigte waarin chirurge wat oorplantings doen as “orgaanaasvoëls” bestempel is. 

Oppenheimers toegesing: ’n Bantoekoor van veertig lede sal in die Anglikaanse St. Georges-kerk in Parktown optree wanneer mnr. Nicholas Oppenheimer, seun van mnr. en mev. H.F. Oppenheimer, en mej. Orcillia Lasch, dogter van mnr. en mev. H.R. Lasch, Maandag in die huwelik bevestig word. Die koor van die African Music Society van Johannesburg sal die Koraalmis van Burton sing. Geen foto’s mag in die kerk geneem word nie, maar vir ’n aantal verslaggewers word plek in die kerk gehou. Die onthaal word in die huis van die bruid se ouers in Westcliff gehou en is privaat. 

De Montherlant op radioteater: Vanaand saai Radioteater een van ons tyd se groot klassiek geworde toneelstukke uit, t.w. La Reine Morte (Vorstin in die Graf heet dit baie onrealisties in die Afrikaanse weergawe) van Henry de Montherlant, Franse dramaturg, romanskrywer en lid van die Académie Française. Montherlant (nou 72 jaar oud) het roem verwerf as ’n man van aksie en berugtheid as ’n hater van vroue. La Reine Morte is in minder as vyf weke (Junie 1942) voltooi en is in dieselfde jaar nog deur die Comédie Française opgevoer. Dit was ook die eerste stuk van Montherlant se sg. toneel-periode (1942-1954).

Verhoogde status: Richard Nixon se status as erfgenaam van sy land se hoogste amp het duidelik geword deurdat hy in ’n KC-135 van die lughawe John F. Kennedy vertrek het. Dié vliegtuig is die voorloper van die Boeing 707 en word in die Amerikaanse Lugmag “die Graftombe” genoem omdat dit net vier vensters het.

Ari en Jackie: Aristotle Onassis en sy bruid, Jackie (Kennedy) Onassis, het gister aan boord van sy plesierjag, Christina, van die eiland Skorpios na die Egeïese See vertrek.

50 Jaar gelede in Die Burger | 8 November 1968.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.