Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 8 November 1969

Mynramp: Altesame 65 skagwerkers, waaronder twee blankes, het gisteroggend om 7:50 in ’n skag in die Buffelsfontein-goudmyn naby Klerksdorp grusaam gesterf deurdat tien kiste dinamiet 7 700 voet benede die grond ontplof het. Nog dertig skagters is beseer. ’n Reddingspan van twee man het die beseerdes op heldhaftige wyse uit die skag gered deur hulle in ’n klein hys­emmer een vir een uit die nou skag te lig. Op ’n diepte van sowat ’n myl het hulle talle lyke in die puin aangetref. Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie.

Jan se kop waai: Die afbeelding van Jan van Riebeeck op die muntkant van die Suid-Afrikaanse muntstukke gaan van aanstaande jaar af deur ’n afbeelding van die amptelike landswapen van die Republiek vervang word. Die aantreklike landswapen word as besonder geskik beskou en die gebruik van albei landstale op elke munt sal ook ’n probleem of twee vir muntversamelaars uitskakel.

Om te hou of nie? Wanneer van restourasie gepraat word, dink ’n mens allereers aan behoud en heropbou. Maar ewe belangrik is dat daar met restourasie ook afgebreek word. Om te behou of nie, is iets wat ’n argitek hoofbrekens kan besorg, veral wanneer hy te doen kry met ’n kompleks van geboue waaraan deur die jare in verskillende style aangebou is, soos bv. die goewerneurswoning in die Kompanjiestuin of die ou Rynse pastorie op Stellenbosch. Party mense sal sê breek af tot op die been, d.w.s. tot by die deel wat eerste gebou is. Maar wat dan as die aanbousels met die jare die ontwikkeling van die Kaapse boustyl weerspieël?

Vry oplaas: Die ondervoorsitter van die A.N.C. en voormalige leier van die verbode United Party, Nalumino Mundia, is gister vrygelaat nadat hy langer as ’n jaar in ’n gevangenekamp aangehou was. Pres. Kaunda het onlangs aangekondig dat hy en drie van sy kollegas vrygelaat moet word as ’n gebaar van welwillendheid.

Advertensie: Lees Beeld se Sport-Beeld. Elke week die beste in die land.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.