Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 9 April 1971

Nuwe wending in krieket-geskil: Die Suid-Afrikaanse Krieketvereniging het gisteraand die Minister van Sport en Ontspanning, mnr. Frank Waring, gevra om weer eens die Vereniging se versoek vir veelrassige krieketproefwedstryde aan die Regering voor te lê.

Weer bedreig langnaweek: Onderwyl duisende vakansiegangers gister na strandoorde aan die Kaaplandse kus gestroom het, het die weer op ’n paar plekke gedreig om die vooruitsigte op ’n sonnige naweek te verongeluk.

VSA-troepe onttrek: Die onttrekking van Amerikaanse troepemagte uit Viëtnam gaan versnel word. Altesame 100 000 Amerikaanse soldate sal voor 1 Desember vanjaar uit Viëtnam onttrek word, het pres. Nixon aangekondig.

‘Vervang Publikasieraad’: ’n Pleidooi vir die reorganisasie van die beheer oor publikasies is op Stellenbosch op die jaarlikse kongres van die Afrikaanse Skrywerskring deur die Afrikaanse skrywer, mnr. W.A. de Klerk, gelewer.

Ikeys stem oor Intervarsity: Die studenteraad van die Universiteit van Kaapstad het gister aangekondig dat ’n referendum op 22 en 23 April gehou sal word oor die toekoms en organisasie van die jaarlikse Intervarsity teen die Universiteit van Stellenbosch.

Sherlock Holmes te koop: Die kopiereg van sir Arthur Conan Doyle se Sherlock Holmes-verhale, tesame met die film-, uitsaai- en beeldradioregte, is gister in Genève te koop aangebied.

Kommer oor baie studente: Die toename in die studentegetalle aan die Universiteit van Stellenbosch word in ’n hoofartikel van Die Matie as “onrusbarend” beskryf.

Sien jou oor 2 500 jaar: ’n Jurie in Dallas het gister net dertig minute beraadslaag voordat hulle ’n 28-jarige man, wat skuldig bevind is aan moord, tot 2 500 jaar tronkstraf gevonnis het.

Duisende toeriste na SA: ’n Rekordgetal van 328 241 toeriste het Suid-Afrika in 1969 besoek, word in die jaarverslag van die Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie gesê.

Vandag in die Bioskope: Alhambra: Pressure Burst; Colosseum: Lilies of the Field; Monte Carlo: Which Way to the Front?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.