Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 9 Augustus 1968

Sneeu in Boland: Die berge in die Boland lê wit nadat die swaarste neerslag tot dusver hierdie winter eergisternag uitgesak het. Dit het gisteroggend ook op Tafelberg gesneeu. Reën het sedert eergisternag wyd verspreid in Wes-Kaapland voorgekom.

Oesfees op Saldanha: Verteenwoordigers van die seebedryf uit die verskillende dorpe aan die Weskus vergader môre op Vredenburg om reëlings te tref vir vanjaar se Oesfees van die See. Die vergadering word ook bygewoon deur werknemers van die Departement van Inligting wat ’n rolprent oor die seebedryf aan die Weskus sal maak.

Oor ou geboue: Hoewel verskeie instansies in die land in die verlede reeds goeie werk gedoen het om Suid-Afrika se historiese geboue te bewaar, moet ernstig gedink word aan die koördinasie van al hierdie instansies, sodat ’n doelgerigte poging aangewend kan word om die land se kultuurerfenis vir die nageslag te bewaar. Só het mnr. J.C. Heunis, L.UK. belas met onderwyssake, gistermiddag op Stellenbosch gesê toe hy die nuwe gebou van die P.J. Olivier-Kunssentrum amptelik geopen het. Die sentrum word gehuisves in die historiese ou Rynse koshuis, wat vroeër vanjaar deur die Provinsiale Administrasie teen ’n bedrag van R83, 100 gerestoureer is. Die volk het al hoe meer bewus geword van die belangrikheid van hierdie kultuurerfenisse, het mnr. Heunis gesê. Hy het egter sy kommer uitgespreek oor die geboue wat in die proses van vooruitgang verlore geraak het. Die gedagte ontstaan dus by hom of daar nie nou ernstig daaraan gedink moet word om al die instansies wat met die bewaring van geboue te doen het, te koördineer nie. Instansies wat hierby betrokke sal wees, is die Stigting Simon van der Stel, die Historiese Monumente-Kommissie en die staathet, mnr. Heunis gesê.

Swaar sneeu in Boland: Die swaarste sneeu van die jaar het eergisternag en gister op berge in die Boland geval. Op Swellendam, waar dit erg droog was, het pragtige buie eergisteraand uitgesak nadat ’n biddiens om reën daar gehou is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.