Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 9 Augustus 1969

Na ruimte: Suid-Afrika gaan begin met ’n beperkte program vir die lansering van vuurpyle om die boonste laag van die aarde se atmosfeer te verken, het dr. Frank Hewitt, ’n ondervoorsitter van die W.N.N.R., gister in Pretoria aangekondig. Die vuurpyle, wat vragte wetenskaplike instrumente tot op ’n hoogte van 150 kilometer kan neem, sal waarskynlik van die Regering se projektielterrein by St. Lucia in Zoeloeland gelanseer word. Die vuurpyle word nie in Suid-Afrika gebou nie.

Afrika-kuns in Londen: Werke van Suid-Afrikaanse kunstenaars sal binnekort in die Camden Arts Center in Londen te sien wees by die grootste en mees omvattende tentoonstelling van moderne Afrika-kuns wat nog in Brittanje gehou is. Die Suid-Afrikaners wat verteenwoordig sal word, sluit kunstenaars soos Dumile en Azaria Mbatha in. Die tentoonstelling sal bestaan uit sowat 650 werke van ’n honderd kunstenaars uit verskillende dele van Afrika, en sal ’n verskeidenheid van media dek.

Bel van berg: Tafelberg sal moontlik binne vier of ses maande ’n openbare telefoon kry. Die burgemeester van Kaapstad, mnr. G.E. Ferry, het die Minister van Pos- en Telegraafwese, mnr. M.C. van Rensburg, versoek om so ’n telefoon op die berg aan te bring. Daar is reeds posgeriewe. Die briewe word Tafelberg gestempel en is baie gewild.

Vir ons Taal: Verlof word aan skole en kolleges gegee om op Vrydag 12 Oktober ’n deel van die skooldag vir die aanbieding van taalmonument programme en die insameling van geld af te staan. Programme of plegtighede waarin die klem deurgaans op die jeug se deelname behoort te val, word gereël.

Oes van die see: Op 21 Julie, die dag toe die Amerikaanse ruimtevaarders op die maan geland het, het drie jong Duitse geleerdes hul intrek geneem in ’n verseëlde duiktuig op die bodem van die Noordsee, om kennis in te samel wat moet help om die bronne van lewe in die oseane vir die mensdom te ontsluit. Die ondersese laboratorium heet die Helgoland en lyk soos ’n duikboot op bene.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.