Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 9 Januarie 1971

Werkers in opstand: Een van Suid-Afrika se sterkste vakbonde (die Federale Raadplegende Raad van Personeelverenigings van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens) het hom gister gevoeg by die groeiende landwye protes teen die skielike prysverhogings van heelwat verbruiksgoedere en openbare dienste.

Nuwe kuspad: Die groot, nuwe kuspad wat van Kaapstad al langs die suidooskus gebou sal word, kom nie meer deur Gordonsbaai nie . . . Die voorlopige plan is nou om die pad iewers tussen Gordonsbaai en Sir Lowryspas met ’n tonnel deur die Hottentots-Hollandsberge te neem tot by ’n punt suid van Botrivier.

Diplomaat ontvoer: Die Britse ambassadeur in Uruguay, mnr. Geoffrey Jackson, is gister in Montevideo ontvoer terwyl hy in sy motor na die ambassade onderweg was. Vier terroriste van die ekstremistiese Tupamaros-beweging het mnr. Jackson se lyfwagte met knuppels afgeweer voordat hulle met hom in sy eie motor weggejaag het.

Geen bediendes nie: Geen inwonende bediendes sal toegelaat word by die nuwe en onvoltooide woonsteltoring op Bloubergstrand nie.

Daar gaan die krismisrose . . .: Die stadsraad van Brackenfell het ’n verbod geplaas op die gebruik van tuinslange en sproeiers tussen vieruur in die middag en nege-uur die aand.

98 of 95, meneer?: Dit is moontlik dat Suid-Afrika uiteindelik spoedig vanjaar sy langverwagte hoë-oktaan-petrol sal kry. Na wat betroubaar verneem word, sal die beskikbaarstelling van ’n nuwe 98-oktaan-petrol waarskynlik Maart vanjaar saam met ’n verdere prysstyging van brandstof in die algemeen aangekondig word.

Ai, die sedoos: Die buitengewone sterk suidoostewind van die afgelope twee dae het die woonwaparke by Gordonsbaai en die Strand al amper leeg gewaai. Die meeste vakansiegangers het gister en eergister hul goed opgepak en padgegee.

Keurbetrekkings: Munisipaliteit Pinelands. Verkeersbeampte. R2 952 p.a.

Advertensie: Brackenfell-Motel: Sondagaandete en gratis filmvertoning R1.50.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.