Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 1 Desember 1969

Voorbladfoto-byskrif: Operasie reddingswerk is in volle gang in Algoabaai. ’n Helikopter van die vloot sirkel bokant ’n klompie drenkelinge wat hoopvol opkyk en wag op die oomblik dat hulle opgepik word. Die rubberbootjies is van so ’n aard dat dit vinnig opgeblaas kan word. Die bootjies is ook baie lig. Die oefeninge is die af­gelope naweek deur die vloot in Algoabaai uit­gevoer.

Waternood hoog: KIRKWOOD. – Die water­tekort op Kirkwood is nog kritiek, hoewel op die oomblik aan die dringende behoeftes van die inwoners voldoen kan word. Sowat 75,000 gelling water word nou elke dag deur die Leër en die Afdelingsraad van Uitenhage in tenkwaens aan die dorp voorsien. Hoewel dit nie goed genoeg is om ’n reserwe op te bou nie, hou dit die normale lewe aan die gang,

Bly weg: LONDEN. – Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Gary Player is gewaarsku dat hy aangerand sal word indien hy ooit na ’n gholfbaan in die V.S.A. sou terugkeer, het prof. Harry Edwards, leier van die militante Black Power-sportbeweging in die V.S.A., gister in ’n uitsending gesê. “Gary het sy laaste R70,000 uit Amerika geneem,” het die professor in Sports Arena, ’n beeldradioprogram, gesê.

Studiebeursfonds: ’n Eenman-, of liewer eenvrou-, studiebeursfonds. So kan mev. Esther Marais se onderneming bestempel word. Sy skryf naamlik haar eie toneelstukke, sorg vir die opvoerings, twee, drie keer per jaar, en die inkomste so verkry, skenk sy as studiebeurs vir ’n student aan die Universiteit van Port Elizabeth. “ ’n Mens voel jy moet help as jy kan,” sê mev. Marais.

Rare vliegtuig: ’n Miles Gemini-vliegtuig, die laaste in sy soort in Suid-Afrika, het vandag by Port Elizabeth se museum aangekom. Die vliegtuig sal later in die vervoersaal van die museum uitgestal word. Volgens mnr. Dave Becker, ’n deskundige op die gebied van vliegtuie, is die vliegtuig deur mev. C. Bennett van Grahamstad aan die museum geskenk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.