Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in die Oosterlig | 11 April 1969

Voorbladfoto-byskrif: Durban se nuwe opgaardam van 75,000,000 gelling sal teen weerlig beveilig word deur ’n stelsel weerligafleiers wat die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde op versoek van die kontrakteur voorgestel het. Daar moet uiters versigtig te werk gegaan word om waterbesoedeling te voorkom en weerlig kan die grootste moontlike oorsaak van die beskadiging van die dam se dak wees, waardeur skadelike stowwe die water kan bereik. Die opgaardam, wat byna voltooi is, is deur ’n groot plaaslike konstruksiemaatskappy ontwerp en gebou en is enig in sy soort in Afrika. Dit is 575 voet in deursnit en die keëlvormige dak bestaan uit betonblaaie wat aan staalkabels hang.

Skokkende syfers: Altesame 139 mense sal aanstaande maand in vier Rondgaande howe wat deur die Prokureur-Generaal se kantoor op Grahamstad bedien word, op aanklagte van moord tereg staan. Hierdie skokkende syfer kom aan die lig uit die hofrolle van die vier howe wat pas voltooi is.

Jeugsentrum open: Die nuwe jeugsentrum van die N.G. Kerk in Port Elizabeth word moremiddag langs die see by Schoenmakerskop, net buite die stad, amptelik oopgestel. Die afgelope tien dae het 600 Transvaalse jongmense by die kamp deurgebring en daarvandaan besienswaardighede in en om Port Elizabeth besoek. Daar bestaan nog net een enkele KJV-sentrum soos die in Kaapland. Die sentrum is op Hartenbos.

Spele-regatta in Algoabaai: Die Suid-Afrikaanse seiljagkampioenskapstoernooi in die Finn-klas as deel van die S.A. Spele word van 21 tot 26 April in Algoabaai gehou. Volgens mnr. Richard Stephenson, voorsitter van die reëlingskomitee vir die regatta, is dit die enigste sport wat in Port Elizabeth beslis gaan word.

Veelbesproke snelweg: Die veelbesproke snelweg van Port Elizabeth langs die smalspoorlyn by die lughawe verby in die rigting van Walmer is nou deur die Provinsiale Padingenieur in beginsel goedgekeur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.