Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 12 Junie 1969

Eet nie lekker nie: Te min melk, vrugte en groente – om nie eens van die voorbereiding van die kos te praat nie – en die houding van die bediendes teenoor die studente is die groot klagte van manstudente by Avron, een van die koshuise van die Universiteit van Port Elizabeth.

Nuwe seëls: Twee seëls (2 ½ c en 12 ½ c) as huldeblyk aan die mediese wetenskap in Suid-Afrika in die algemeen, en aan prof. Chris Barnard en sy hartspan word eersdaags uitgereik. Die uitreiking van die spesiale seëls is gereël om saam met die 47ste kongres van die Mediese Vereniging van Suid-Afrika te val. Die 2 ½ c-seël het ’n skets van die Groote Schuur-hospitaal met die profiel van prof. Barnard op. Onder staan die woorde Groote Schuur 3.12.67. Die datum is die dag toe die eerste hartoorplanting in die wêreld gedoen is. Die 12 1/2c-seël het die woord Hartoorplanting in die regterhoek.

Nuwe dam vir “dolfyn-kollegas”: Bouwerk aan die dam vir otters en kommetjiegat-muishonde by die oseanarium in Port Elizabeth sal binnekort begin. Die dam sal tussen die nuwe dolfyntenk en die tenk vir die robbe gebou word. Met dié stap betree die oseanarium weer ’n nuwe era. Die kommetjiegat-muishonde en otters wat aangehou sal word, sal ook afgerig word om aan vertonings deel te neem.

Briefie in bottel: OOS-LONDEN. – ’n Whiskeybottel met ’n briefie wat twee jaar gelede deur ’n meisie in Holland in die see gegooi is, is gister hier gekry. Die briefie is 9/6/67 gedateer. Mnr. I.B. Vorster (21) van Brookeville, Oos-Londen, het die bottel in die vlakwater sien lê terwyl hy visgevang het. Toe hy nader gaan het hy die briefie in die bottel sien lê. Hy kon die prop van die bottel nie afkry nie en het toe maar die bottel gebreek. Die briefie wat een bladsy lank is lui: “Ek is ’n meisie wat in Holland bly en sal daarvan hou om met meisies of seuns in julle land te korrespondeer. Ek is 18 jaar oud en kan Engels en Hollands skryf. Ek versamel poskaarte van ander lande en sal alle briewe beantwoord. Skryf asseblief aan mej. J.C. de Zeeu, Boemenlaan 125, Vlissingen, Holland.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.