Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 12 September 1968

Voorbladfoto-byskrif: Hierdie man – ’n pastoor van Roemenië se Lutherse Kerk – is 14 jaar lank deur die Kommuniste in die gevangenis gefolter. By ’n byeenkoms onlangs in Washington het pastoor Richard Wurmbrand sy hemp uitgetrek om aan mense te wys hoe baie merke daar nog aan sy liggaam is soos die Kommuniste hom dae aaneen gepynig het. Pastoor Wurmbrand was in Roemenië aangehou en hy het nou getuienis gegee voor die senaat van Amerika se Binnelandse Veiligheidskomitee.

Apartheid goed: WELLINGTON. – ’n Voormalige lid van die All Blacks-rugbyspan van Nieu- Seeland het apartheid as die enigste moontlike manier om die nie-blanke bevolking van Suid-Afrika te ontwikkel, beskryf. Die speler, Ron Jarden, een van die beste vleuels in die wêreld, het gesê dat hy, ná sy onlangse vierde besoek aan Johannesburg, apartheid as ’n verstandige ontwikkelingsoplossing vir ’n volk wat nog net 40 persent geletterd is, beskou.

Wees nie verbaas: Ons moet nie verbaas wees as nog meer van die studente in Suid-Afrika in die nabye toekoms in opstand teen die heersende krag kom nie, het ds. C. Heys, N.G. leraar van die gemeente Algoapark, gister gesê.

SA kry nuwe vlag: Suid-Afrika gaan ’n nuwe vlag kry. Die nodige stappe sal volgende jaar ten tyde die Parlementsitting gedoen word. Die plan is om die nuwe vlag op 31 Maart 1971 aan Suid-Afrika te gee, wanneer die Republiek tien jaar oud is.

Hy glo nie aan voorskryf: “Die Oostelike Provinsie se rugbyspan het geen spesiale taktiek of ’n onthulbare plan vir die belangrike Curriebeker-wedstryd teen Transvaal Saterdag op Ellispark nie,” sê mnr. Tjol Lategan, gewese Springbok-senter en nou afrigter van die O.P.-span, terwyl hy ook voorsitter van die O.P. se keurkomitee is. “Ek glo buitendien nie daaraan dat ’n afrigter aan ’n span voor ’n wedstryd moet voorskryf presies hoe hy moet speel nie. Die planne word skielik omvergewerp en dan loop alles verkeerd,” het mnr. Lategan gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.