Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 13 April 1971

Voorbladfoto-byskrif: Lionel Webb, puik fietsryer van die Oostelike Provinsie wat onlangs in ’n fietswedren in Kimberley ernstige kopbeserings opgedoen het, het vanoggend nog bewusteloos met die private vliegtuig van mnr. Don Levy in Port Elizabeth aangekom, waar hy spesiale behandeling in die Provinsiale Hospitaal sal ontvang. Dit is vandag presies ’n maand gelede dat Lionel in ’n wedren tussen die Oostelike Provinsie en Griekwaland-Wes in Kimberley beseer is. Hy het sedertdien nog nie sy bewussyn herwin nie. Op die foto is ambulansmanne by die hospitaal besig om hom op ’n trollie te laai. Hy was op die rit vergesel deur sy vrou, Dorothy (links).

Skerp tande: Die toenemende gebruik om afgerigte Alsatian-honde vir veiligheidswerk te gebruik het nou tot so ’n mate in Port Elizabeth toegeneem dat nie net nywerhede nie, maar ook sommige sportklubs, veral gholfklubs, van hulle gebruik maak. Een gholfklub wat die honde op besige dae gebruik, die P.E.-gholfklub in Millpark, het gevind dat moeilikhede met diefstal, oproerigheid en messtekery onder joggies op die dae nou amper ongehoord is.

Dracula: Verskeie meisies het flou geword en ander is beseer in ’n groot gedrang om kaartjies gisteraand voor ’n bioskoop in Port Elizabeth te kry. Die rolprent Dracula is daar vertoon. Volgens ooggetuies het die mense wat ’n middernagvertoning wou gaan kyk, teen 9 nm. voor die gebou begin saamdrom. Toe Mariana Greyling (20) en haar moeder teen 10.45 nm. wou kaartjies koop, het die mense in ’n groot massa saamgedrom. Daar was geen teken van ’n tou nie en almal het gedruk en gebeur in ’n poging om naby die kaartjieskantoor te kom. Mariana, wat die kaartjies sou koop, het haar geld in haar jas se sak gesit en haar hand ook in die sak gesteek om te voorkom dat haar geld gesteel word. Toe sy by die kaartjieskantoor kom, het die mense so hard gedruk dat sy nie haar hand uit haar sak kon haal om te betaal nie. In ’n stadium is sy van haar voete gelig en het op die grond onder die mense se voete beland. Hoewel sy baie pyn moes verduur, het sy tog later daarin geslaag om kaartjies in die hande te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.