Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 13 Januarie 1971

Voorbladfoto-byskrif: Toe die foto van die Nolan-gesin wat in die bosse by Kaap Recife woon vanoggend geneem is, was mnr. Nolan al werk toe. Die kinders is hier saam met mev. Nolan­ afgeneem by die vuur waar hulle besig was om ontbyt voor te berei. Voor sit Donavan, Beatrice en Reginald. Agter Reginald staan Lilian met haar moeder se hande op haar skouers. Langs mev. Nolan staan Veronica en langs haar Alan, wat sy hande op klein Johannes het. Die oudste kind, Letia (12), is by haar ouma in Kensington, Port Elizabeth. In die agtergrond is ’n deel van die bakkie se kap te sien. Die naaste plek waar die gesin water en kos kan kry, is by Humewood se sakesentrum.

Padongelukke neem toe: Motorongelukke in Port Elizabeth neem toe. In die tydperk 1 Januarie tot 30 November 1970 was daar 21 448 ongelukke. Van hulle was 122 noodlottig.

Prys publiek: Die posmeester, mnr. J.A. Kruger­, sê dat dit ’n verblydende aanduiding is dat die publiek van Cradock gehoor gegee het aan die oproep om vroeg te pos gedurende die afgelope feesseisoen. Gedurende Desember 1970 was daar ’n afname van ongeveer 7 000 plaaslik geposte stukke in vergelyking met statistiek vir Desember van 1969. Daar is ewenwel ’n styging van ongeveer dieselfde aantal stukke wat gedurende November 1970 gepos is in vergelyking met 1969.

Boer met bok: GABORONE. – ’n Driejarige bok het by ’n trop bobbejane op ’n heuwel by Mogapi in die sentrale dele van Botswana aangesluit en pas blykbaar net so goed soos enige van die tien bobbejane by die leefwyse van die bobbejaan aan. Die bok is al ’n paar maal van die Setshweu-veepos gesien, en dit lyk selfs of sy gepaar het met ’n groot ou mannetjie wat net kwaai keer dat nie een van die ander in sy slaai krap nie.

Nuwe padkaart: As u graag wil weet watter soort padvlakke u op u volgende vakansie- of sakereis gaan teenkom, sal die nuwe Shell-padkaart van Suidelike Afrika die antwoord bied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.