Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 14 April 1969

Voorbladfoto-byskrif: Lede van alle K.J.V.-takke in Port Elizabeth het Saterdag die inwyding van hul jeugkamphuis by Schoen­makerskop bygewoon. Die kamphuis was voorheen ’n ou kafee. Die K.J.V. in P.E. het dit teen sowat R14,000 gekoop en herstel. Hier kyk ds. Marais (links) van die K.J.V.-Ringsunie van Port Elizabeth, en ds. Hay, voorsitter van die Ringsunie van Port Elizabeth-Noord, na ’n bordjie waarop die jeug van Port Elizabeth hulle bedank vir hul leiding.

Redakteur kom praat in P.E.: Dr. A.P. Treurnicht, redakteur van Hoofstad in Pretoria, is deur die A.S.B.-tak aan die Universiteit van Port Elizabeth genooi om sy lede in Port Elizabeth te kom toespreek.

Voortrekkers gesels oor padveiligheid: OOS-LONDEN. – Voortrekker-seuns en -meisies van die Laerskool Grens in Oos-Londen het vanmiddag geluister na ’n praatjie oor padveiligheid vir die fietsryers. Die reeks praatjies wat deur die Streeksekretaris van die S.A. Padveiligheidsraad in die Grens en Transkei, mnr. C.A. Buys, opgestel is, word elke Maandag aangebied.

Toets spaar trane: ’n Spesiale aanlegtoets wat ’n kursus vir die opleiding van boekhou­masjienoperateurs voorafgaan, is nou by die Handelsafdeling van die Kollege vir Gevorderde Tegniese Onderwys in Port Elizabeth ingestel. Mnr. H.S. Jooste, die nuwe hoof van die afdeling, sê dat die aanlegtoetse baie probleme, geld en moeite vir voornemende studente, hul ouers en die Kollege bespaar.

D.F. Malherbe vandag begrawe: KAAPSTAD. – Prof. Daniël Francois Malherbe, gevierde Afrikaanse skrywer en digter wat Saterdagaand in Bloemfontein in die ouderdom van 87 jaar oor­lede is, is vanmiddag om 3.30 uit die N.G. Kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein begrawe.

Nog spioene gehang: BAGHDAD. – Nog vier Irakese is gisteroggend in Baghdad se tronk gehang nadat hulle skuldig bevind is dat hulle vir Amerika gespioeneer het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.