Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 14 Januarie 1971

Voorbladfoto-byskrif: Sewe voertuie, waaronder ’n vragmotor van 20 ton van die Spoorweë, was vanoggend in ’n kettingongeluk in Strandstraat betrokke. Niemand is in die ongeluk beseer nie.

Lisensiëring van motorradio’s: Baie motoriste is nog in die war omtrent die regulasies wat die lisensiëring van radio’s in motors beheer, volgens ’n woordvoerder van die AA. ’n Radio wat in ’n motor geïnstalleer is moet in die naam van die geregistreerde eienaar van die voertuig gelisensieer word, al is die stel deur een lid van ’n gesin in die motor van ’n ander lid van dieselfde gesin geïnstalleer. Die lisensie van die luisteraar wat die stel installeer sal nie in so ’n geval die stel in die motor dek nie.

In die Opera: Sleuth deur Anthony Shaffer, aangebied deur Toerien, Rubin en Firth. Hoofrolspelers: Ralph Michael en Nicolas Amer. Sleuth is ’n spel. Dit is ’n spel met elke speler en ’n spel met die gehoor. Dit is ’n spel met die dood. Dit is ’n spel waarin nog die speler, nog die gehoor ooit weet wie die troefkaart hou. En dit word so goed gedoen dat jy nooit seker is of jy mag lag nie. Sleuth is oorspronklik, prikkelend en volkome onvoorspelbaar – ’n baie aangename ervaring ná die reeks redelike eenderse komedies wat ons die afgelope jaar of wat met enkele uitsonderings te sien gekry het.

Nuwe hoof: UITENHAGE. – Luit. F.J. Rossouw het op 1 Januarie vanjaar diens aanvaar as die nuwe bevelvoerder van die polisiekantoor op Uitenhage. Hy volg kapt. Beneke op wat Uitenhage reeds sowat ’n jaar gelede verlaat het. Adj.off. Strydom het intussen waargeneem.

Kommandement O.P.: In die eerskomende naweke sal die publiek van Port Elizabeth baie meer Weermaguniforms in teaters en openbare sale sien. Die rede hiervoor is dat die afdeling vryetydsbesteding van die Kommandement O.P., die naweek aktief begin fungeer met die doel om nasionale dienspligtiges die geleentheid te gee om alle opvoedkundige en opbouende geleenthede by te woon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.