Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 14 Julie 1969

Voorbladfoto-byskrif: Trevor Musgrave van Bloemfontein-stad se skietspan het vanjaar die eer gehad om deur mede-skuts in ’n stoel van die skietbaan afgedra te word nadat hy die gesogte Ronnie Jackson-trofee gewen het. Dié foto is met die afsluiting van die Prysskiet van Oos-Kaapland se Skietvereniging geneem kort nadat bekend gemaak is dat hy die trofee gewen het. Sy telling was 292 uit 300. Vier medeskuts het hom van die baan na die plak waar die prysuitdeling gehou is, gedra.

P.E. skole gee leiding: Die heel eerste Padveiligheid-skoolklub in Suid-Afrika is in 1951 in Port Elizabeth gestig. Met die totstandkoming van die tweede klub in 1952 is verdere vooruitgang en ’n tweede prestasie deur die plaaslike skole behaal.

In die Grand: The Night of the Following Day, met Marlon Brando, Richard Boone en Rita Moreno. Dit is ’n spanningsdrama wat ’n mens deurentyd intens met die gebeure op die doek laat saamleef. Die verhaal gaan oor ’n meisie wat op Parys se lughawe deur ’n groep beroep­skur­­ke ontvoer word. ’n Losprys word geëis.

Dié dorings steek seer: ’n Boete van tot R100 of ses maande tronkstraf of albei kan aan mense oopgelê word wat hulle herhaaldelik skuldig maak aan diefstal van beskermde veldblomme. Volgens ’n woordvoerder van die afdelingsraad begaan talle mense van Port Elizabeth en omgewing die oortreding. ’n Mens mag nie eens op sy eie plaas of eiendom veldblomme pluk nie, en in geen omstandighede word ’n permit wat die pluk van hierdie blomme toelaat, uitgereik nie.

Gis oor blou lig: TUNISIË. – Vir die tweede agtereenvolgende week verlig ’n geheimsinnige blou en wit lig, soos die van ’n kernontploffing snags, die uitspansel bo Tunisië. Honderde mense hou saam die dowwe blou sirkelvormige lig dop wanneer dit om 8.43 verskyn. Prof. Bechir Torki, hoof van Tunisië se kernnavorsingstasie wat die verskynsel ook verlede week gesien het, sê dat dit al die eienskappe van ’n kernontploffing het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.