Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 16 April 1969

Voorbladfoto-byskrif: ’n Uitstalling van 103 kunswerke wat toekennings verower het in die kinderkunskompetisie wat Santam uitgeskryf het, is gisteraand in die Kunssaal, St. Georgepark, deur dr. J.J. du Toit geopen. Mej. E. Schetlet, een van die gaste wat die onthaal met die opening bygewoon het, bewonder hier een van die kunswerke.

Goeie prent vir mans: THE RIGHT TO BE BORN: Hoewel die rolprent nie as ’n seksvoorligtingsprent geadverteer word nie, vervul dit in ’n groot mate die rol wat die ander rolprent oor geboorte, Helga, miskien nie so goed vervul het nie. Dit is ’n baie goeie idee om die rolprent wel aan mans te vertoon, want dit kan die getroude man in staat stel om sy vrou in tye van nood by te staan.

Verander diensvoorwaardes: Die tyd het aangebreek dat die diensvoorwaardes, en veral die diensure, van huisbediendes radikaal verander moet word met die oog op hul huisvesting in die Bantoewoongebiede. Dit sal tot gevolg hê dat ons sosiale lewenspatroon sal moet aanpas by die veranderde omstandighede. So het dr. P.J. Riekert gister in Bloemfontein gesê by die dagkonferensie van Sabra. Die konferensie het gehandel oor die probleme van die stedelike Bantoe in agterplase en “luglokasies”. Dr. Riekert het gesê dat daar allerweë besef word dat agterplaashuisvesting nie net ongewens is nie, maar behoorlik beheer en uiteindelik afgeskaf moet word.

P.E.-mense kan nou fynproe: Fynproewers in Port Elizabeth het hulle gisteraand verlustig aan die uitsoek spyse wat die Au Bon Gourmet-vereniging in ’n vooraanstaande hotel in die stad voorgesit het. Die hoofbestuurder van die hotel, mnr. Sam Witz, ’n seun van Riebeek-Kasteel wat sy opleiding in Londen, Parys en Basel gehad het, het self die dis voorberei en sommer die resep van elke gereg daarby verskaf. Die vereniging hou hom nie net by lekker eet nie – by die geleenthede word geld ingesamel vir studiehulp aan skrander, maar hulpbehoewende kinders wat begaafd is in ’n tegniese rigting.

Meer oor:  50 Jaar Gelede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.