Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 16 April 1971

Voorbladfoto-byskrif: Opgefrommelde waens lê oor die veld gestrooi ná vandag se treinramp tussen Content- en Windsortonweg naby Kimberley waarin minstens drie blankes dood en 30 beseer is.

Optrede verskerp: Dit is nodig dat die optrede teen persone wat Bantoes onwettig in diens neem, ook in Oos-Kaapland verskerp word. Veral in Port Elizabeth neem die probleem ernstige afmetings aan. So sê mnr. L.C. Koch, Direkteur van Bantoesake van Port Elizabeth se stadsraad.

Onvoldoende geriewe: Hoewel daar nou nie ’n opeenhoping van skepe buite Port Elizabeth se hawe is nie, is dit moontlik dat dit van vandag af die volgende twee of drie dae die geval sal wees. Omdat daar nie genoeg geriewe is om die skepe te ontskeep nie, sal dit, soos voorheen die geval was, vir skeepseienaars ’n verlies van minstens R1 000 per dag meebring.

Verlig mannekragbehoeftes: Veertig persent van die totale mannekragbehoeftes van ons land word deur immigrante wat goed opgelei is, verlig terwyl ons eie seuns en meisies die arbeidsmark te vroeg en dus onopgelei betree en hulself gevolglik in ’n minderwaardige posisie teenoor die immigrante bevind.

In die Savoy: The Devil by the Tail, met Yves Montand, Madeleine Renaud, Maria Schell, Marthe­ Keller, Clotilde Joano, Jean Rochefort. Regie: Philippe de Broca. Dis ’n eenvoudige storie van ’n verarmde adelgesin wat hul kasteel in ’n hotel omskep en met ’n slenterplan mense daarheen “dwing”. Onder andere drie rowers, waarvan twee verdrink . . . en nou gaan die storie voort met die omwandelings van die derde, wat die geld by hom het.

O.P. span lyk baie goed: Die Grens se bokskampioenskappe het weer getoon dat die O.P. vanjaar ’n junior span het wat baie moeilik geklop gaan word. Die O.P. behoort vanjaar ook baie goed by die S.A. junior kampioenskappe te vaar. Die O.P. se grootste troefkaart is nog Johan Lotter, S.A. se weltergewigkampioen.

Meer oor:  50 Jaar Gelede  |  In Die Oosterlig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.