Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 16 Februarie 1970

Voorbladfoto-byskrif: Drie van die uitblinkers by Saterdag se elfde jaarlikse atletiekbyeenkoms van hoërskole in Port Elizabeth en Walmer wat op die Westbournebaan beslis is, is (links) André Jansen, belowende paalspringer van Framesby, wat ’n nuwe rekord van 10:9 ½ in die o.17-afdeling opgestel het. Die vorige rekord was 10:3 ¼. In die middel is Retha Smith (Pearson), wat tweede in die 100 m. hekkies o.18 agter haar spanmaat, Janet Sanderson, geëindig het. Lucas Snyman van Cillié regs, wat ’n nuwe rekord van 7:07.9 in die 1,500 m. stap opgestel het – 6.1. sek. beter as die vorige rekord – was goed op stryk. Die byeenkoms begin om 6.30.

Hou om op telefone te lê! ’n Beroep is gisteraand in die Volksraad op huisvrouens “wat elke dag op die telefoon lê,” gedoen om minder en korter oor telefone te praat. “Daar is baie huisvroue wat te dikwels en te lank ’n telefoon gebruik. Die jongste babatjies word bespreek en selfs koekresepte word per telefoon uitgeruil,” het dr. Jan Smith, (N.P. Turffontein) tydens die tweedelesingdebat van die Poskantoor se Gedeeltelike Begrotingswetsontwerp gesê.

Boeie was slang: CRADOCK. – Terwyl polisiebeamptes by die vliegveld ’n klompie nie-blanke kinders wat kwaad gedoen het, agtervolg het, het Bantoekonst. S.M. Oyiya gevoel dat sy een been darem baie swaar voel. Dit was al skemer en toe hy afkyk, sien hy ’n vier voet lange geelslang aan sy broekspyp hang. Konst. Oyiya het groot geskrik, maar die teenwoordigheid van gees gehou en sy knuppel uitgeruk en reguit vir die slang se kop gemik. Die hou het hom amper sy eie been gekos, maar die slang het dadelik laat los. Tot hiertoe het kont. Oyiya nog geensins gedagte gegee of hy moontlik gepik is nie. Met ondersoek is dit toe vasgestel dat ’n dik paar sokkies onder die lang broek ta gedwarsboom het; sy tande kon dit nie deurdring nie.

Moet stadiger inkom: HUMANSDORP. – ’n Vedere snelperk van 45 m.p.u. gaan ’n halfmyl verder oos van Boskloof ingestel word en ’n dubbele streep is aangebring om te verhoed dat motoriste mekaar daar verbysteek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.