Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig| 16 Mei 1969

Voorbladfoto-byskrif: ’n Treffende foto van die drie Amerikaanse ruimvaarders wat Sondag in die Apollo 10 ruimvaartuig op ’n reis om die maan sal vertrek. Dit sal nog ’n groot stap wees in die mens se poging om op die maan te land. Die drie ruimvaarders Is Eugène Cernan, Thomas Stafford, die bevelvoerder van die ruimtuig, en John Young. Die besondere foto van die ruimvaarders is verkry deur drie afsonderlike foto’s van die ruimvaarders langs mekaar te plaas en weer te fotografeer. Hierdie manne sal al die maneuvers, wat op maanlanding gemik is, uitvoer, behalwe om die landing self te onderneem.

Polisie vang baie: Meer as 30 mense is in die vroeë oggendure van die afgelope twee dae in ’n grootskaalse opruimingsveldtog deur die polisie in Port Elizabeth aangekeer. Na verneem word beoog die polisie eersdaags nog ’n soortgelyke veldtog. Die polisie het hulle veral intensief toegespits op die woonbuurte Walmer, Lorraine en Fairview, hoewel ’n uitgebreide waaksaamheid oor die hele stad verskerp is.

Karoo ’n paradys: Slegs ’n paar maande gelede was daar nêrens ’n groen spruit te sien nie en vandag, ná die goeie reën van onlangs, is die Karoo in ’n lushof omskep. Die gras staan op sommige plekke reeds 18 duim hoog terwyl die Karoobossie net so welig groei. So iets was vir jare ongekend in die Karoo, veral as in ag geneem word dat dit eers teen die einde van die somer begin reën het.

Hou só dood van pad: ’n Nuwe dubbel­rybaansnelweg tussen Port Elizabeth en Uitenhage moet as ’n voorvereiste beskou word in die maatreëls om die ongelukke op die pad, en veral die dodetal, te verminder, het die Provinsiale verkeershoof op Uitenhage gesê.

Trou tweede keer: LOS ANGELES (Kalifornië) – Natalie Wood, rolprentaktrise, en Richard Gregson, ’n Britse regisseur, het gister hier ’n spesiale lisensie by Santa Monica se hof uitgeneem om te trou. Dit is ’n tweede huwelik vir beide Natalie en Gregson.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.