Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 16 September 1970

Voorbladfoto-byskrif: BO: Mnr. Gert van der Linde, die Nasionale Party se kandidaat vir Port Elizabeth-Noord, by sy voorsteller en sekondante, mev. C. Vosloo en mnr. R.J. Herselman.

Meer verlaat Transkei: UMTATA. – Dit moet besef word dat die blanke besig is om hom uit die Transkei te onttrek, het mnr. J.H. Abraham, Kommissaris-generaal van die Kôsa-volkseenheid, gesê. Mnr. Abraham wat die opening van die 55e jaarlikse kongres van die gemeenskapsdienste van Transkeise gebiede waarneem, het gesê dat die onttrekking van blankes uit Transkei steeds toeneem. In sekere ondernemings het dit ook gelei tot die verlies van tegniese personeel.

Aansienlike groei: ’n Groot styging in die aantal siele en lidmate binne die Ring van Port Elizabeth-Noord is vanjaar vergeleke met ooreenstemmende syfers van 1968 waarneembaar. Die sieletal van die Ring is op die oomblik 15,649 teenoor die 14,500 wat vir 1968 aangeteken is. Die lidmatetal het ook van 8,550 tot 9,399 oor dieselfde tydperk toegeneem. Die Ring bestaan nou uit agt gemeentes en hulle word deur 15 predikante bedien.

Maak kennis: Het u al met jogurt kennis gemaak? Indien nie, wag daar ’n nuwe ondervinding op u, vertel mej. Salome Buchner, huishoudkundige van die Melkraad in Pretoria. Jogurt het sy oorsprong in die Balkanlande en word veral gemaak in Griekeland, Roemenië, Hongarye, Bulgarye, Turkye en ander naburige state. Mej. Buchner het ’n paar feite oor die nut en gebruik van jogurt en ’n aantal smaaklike resepte uitgewerk, wat van groot nut vir die huisvrou kan wees.

Kry dam: QUEENSTOWN. – ’n Dam wat moontlik die grootste private een in Kaapland gaan wees, gaan in hierdie distrik gebou word en wel op die plaas Thrift van mnr. John Price. Hierdie deel, wat sy eie besproeiingsraad het, het van die Departement toestemming vir die bou verkry. Die bouwerk begin al in Oktober en die dam sal 138 morg beslaan en verskeie boere sal daarby baat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.