Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 19 Januarie 1971

Voorbladfoto-byskrif: En hoe kan mens nou hierdie kannetjies kwalik neem as hul moed hulle begewe die oomblik as Ma sê: “Nou toe, soet bly en mooi leer, hoor, Mamma moet nou huis toe.” Maar selfs voor die woorde het talle kleingoed al aan die huil gegaan en al wat ma en onderwyseres was moes vandag in Port Elizabeth spook om die trane droog te hou, en in ’n paar gevalle moes die nuwe leerlinge met alle geweld by die skool gehou word. Ons fotograaf het hierdie foto’s by die Laerskool Dagbreek in die stad geneem. Heel links huil Johanette Basson haar hartjie uit, langs haar huil Rina Belligan saggies op haar bank om almal darem nie die trane te laat sien nie, derde van regs probeer Johan van Tonder die trane met sy vuiste uit sy oë kry, terwyl Helen Senekal net bloot aan die gedagte dat sy nou in die tuig is, weer traantjies voel kom.

Verheug oor water: Eienaars van kwekerye in Port Elizabeth is verheug oor die opheffing van die waterbeperkings. Op die oomblik styg hul omset skerp, maar hulle is dit eens dat dit ’n hele ruk sal neem om die swaar verliese wat hulle gely het, te verhaal.

In die Grand: Doctor in Trouble, met Leslie Phillips, James Robertson Justice en Harry Secombe. Ná sy suksesvolle optrede ’n ruk gelede in Port Elizabeth, maak Leslie Phillips die prent ’n absolute “moet” vir diegene wat van dié soort humor hou. ’n Baie welkome ster in dié prent is Harry Secombe, wat Phillips help om ’n eintlik baie swak verhaal in ’n baie goeie en aangename komedie te verander. Die prent verloor soms sy krag, maar herstel gou genoeg weer.

Restourasie van huis: Die restourasie van Jan van Riebeeckhuis in Culemborg in die provinsie Utrecht in Nederland, die geskiedkundige woning waar “Jan van Riebeeck ’n deel van sy jeug deurgebring het”, is byna voltooi. Die gewels lyk weer soos hulle oorspronklik gelyk het en die herstelwerk aan die binnekant sal nog ’n paar weke in beslag neem, berig Beelden uit Zuid-Afrika – ’n maandblad wat deur die persdiens van die Suid-Afrikaanse Ambassade in Brussel uitgegee word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.