Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 29 Junie 1970

Voorbladfoto-byskrif: ’n Bakleiery het Saterdagmiddag op Kimberley uitgebreek ná afloop van die wedstryd tussen die All Blacks en die Griekwas. Hier lei ’n polisieman ’n Kleurling wat ’n bottel teen die kop gekry het, van die gevaar af weg.

Griep slaan nie so hard: Die Suid-Afrikaanse Spoorweë het ’n tekort van sowat 13 000 bedryfspersoneel weens siekte en vakatures, het die hoofbestuurder van die Spoorweë, mnr. J.A. Kruger, vandag teenoor Die Oosterlig bevestig. Om die tekort die hoof te bied werk personeel van ander afdelings soos klerke en ambagsmanne nou as stokers, rangeerders en kondukteurs om die treindienste aan die gang te hou. Mnr. Kruger het hiermee ’n berig gister in ’n Randse Engelse Sondagblad ontken dat 60,000 spoorwegwerkers – sowat 30 persent van die Spoorweë se blanke en nie-blanke personeel – griep het en nie kan werk nie.

Kom as doktor terug: ’n Man van Port Elizabeth en oud-onderwyser van Grey-hoërskool, dr. Jurgens van Onselen, is terug na ’n verblyf van ’n paar jaar in Amerika. Dr. Van Onselen, wat van 1966 tot 1967 met ’n Rotarystigtingsbeurs aan die Abilene Christian College in Texas gestudeer het, het verlede maand sy doktorsgraad in opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit van Houston, Texas, verwerf.

Oorlede: ALEXANDRIA. – ’n Bekende persoon in die distrik, mnr. Leslie Basil Gardner, is op 85-jarige leeftyd in die Setlaars-hospitaal op Grahamstad oorlede. Mnr. Gardner se oupagrootjies het saam met die 1820-setlaars na Suid-Afrika gekom. Een van sy seuns sal binnekort die familieplaas Harvestdale, wat in 1832 aan sy oupagrootjie toegeken is, oorneem.

O.P. laaste skof: PORT ALFRED. – Die ossewatrek van Port Elizabeth na Cuylerville is ’n triomftog vir die mense wat dit deurmaak. Hulle trek vandag op die laaste skof van Bathurst na Cuylerville en het nog net een aand om onder die sterre te slaap. Die mense se pas was swaar en boonop het dit gereën.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.